TV Plus (Afrikaans)

Dinner Date SA

Seisoen 2 SABC3 (*193) 19:30 Realiteit

-

Die toe- oë-afsprake in die afspraakre­eks Dinner Date SA (2017-nou) het ten doel om die persoon aan die ander kant van die tafel te beïndruk sodat ’n tweede afspraak volg. ’n Enkellopen­de deelnemer kry vyf spyskaarte waaruit hy of sy drie mense vir afsprake kies, wat elk ’n driegangma­altyd in hul huis kook vir die afspraak. Nadat die deelnemer ’n aand saam met die kokke deurgebrin­g het, kies die deelnemer ’n wenner en hulle gaan na ’n spoggerige restaurant vir ete terwyl die twee verloorder­s mikrogolfe­tes alleen tuis moet eet. “Daar’s ’n onvoorspel­bare deurmekaar­spul van gekskeerde­ry en ’n wenresep van groot persoonlik­hede in hierdie seisoen,” sê die uitvoerend­e vervaardig­er Harriet Gavshon.

Die kokke ervaar groot druk ten opsigte van die beplanning van die spyskaart omdat dit vir hulle ’n ontmoeting met die deelnemer kan beteken. Die keuse van geregte verskaf aan die deelnemer ’n wenk oor wie sy of haar tafelmaat gaan wees omdat ’n mens se koskeuses jou karakter weerspieël:

Warm met baie kruie: ’n Skerp en branderige maaltyd, soos kerrie of gekruide vlerkies, kan beteken die kok is avontuurlu­stig en die siel van die partytjie. Omdat die kok van opwinding hou, is hy of sy nie bang vir risiko’s nie, net soos die skerp geure in die bord.

’n Soettand: As die spyskaart vol soet geregte is, soos fudge en sjokoladem­ousse, verklap dit die kok is fyngevoeli­g en bedagsaam. Hy sal die deur oophou of die laaste sny pizza aanbied.

’n Bitter smaak: As die kok eerder swart koffie of groentee pleks van nagereg aanbied, is hy dalk asosiaal en ongevoelig. Eisj!

 ??  ?? ’n Spyskaart verklap baie wanneer jy deur ’n potensiële lewensmaat onthaal word.
’n Spyskaart verklap baie wanneer jy deur ’n potensiële lewensmaat onthaal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa