TV Plus (Afrikaans)

My World Kitchen

Seisoen 1 SABC2 (*192) 15:00 Realiteit

-

Jy’s nooit te jonk om tyd in die kombuis deur te bring en van kos te leer nie, meen die sjef en TV-ster Ainsley Harriot (Ainsley’s Caribbean Kitchen, 2019).

Hy is die verteller in die kookreeks vir kinders My World Kitchen (2018-nou) en sê: “Dit is werklik ’n unieke ervaring om hierdie kinders wat nog nie eers 10 jaar oud is nie, te sien werk met resepte wat my as volwasse sjef senuagtig maak. Die resepte is gesofistik­eerd en die kinders durf dit aan asof hulle ’n bak jellie maak.”

1 Die woord “world” in die titel verwys na die kinders wat resepte uit hul erfenis en tuislande wêreldwyd gebruik.

2 Anders as in ander kos-realiteits­reekse met kinders, soos MasterChef Junior (2013-nou), kry die jong sjefs geen hulp van volwassene­s nie. “Ons jaag nie teen tyd nie. Daar is toesig oor die sjefs, maar hulle doen als self,” sê Ainsley.

3 Die reeks hou oop oudisies – die mini-sjefs, wat 6 tot 8 jaar oud is, dien ’n video-uittreksel aanlyn met ’n motivering vir hul resep, waarna die produksiem­aatskappy ’n kortlys opstel van dié wat hulle wil verfilm. “Dit duur sowat twee uur om ’n opname van elke kind te maak,” verduideli­k Ainsley.

4 Hoewel dit ’n Britse reeks is, het hulle “oudisies” van regoor die wêreld ontvang wat die paal gehaal het, sê Ainsley.

5 Filmspanne reis na die kinders in Brittanje se huise, en spesifieke vereistes vir verfilming word aan kinders van ander lande gestuur.

6 Sedert 2019 is daar ook ’n Australies­e weergawe van die reeks.

 ??  ?? Die verteller Ainsley Harriot (inlas) geniet dit om die junior sjefs te sien werk.
Die verteller Ainsley Harriot (inlas) geniet dit om die junior sjefs te sien werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa