TV Plus (Afrikaans)

I Escaped To The Country

-

Seisoen 3 Home Channel (*176) 18:00 Herhaling Maandae 23:00 Leefstyl

Is jy verveeld tuis met nêrens om te gaan nie weens die Covid-19inperkin­g? Droom ’n bietjie saam met Nicki Chapman in seisoen 3 van die leefstylre­eks I Escaped To The Country (2017-nou) wanneer sy Engeland se platteland invaar op soek na huise wat te koop is. “Dis nie maklik om hier ’n gerieflike huis te kry om in te woon nie. Jy soek na bepaalde elemente wat soms versteek word deur grasvelde of onder stene en messelklei, wat ’n eiendom ’n potensiële juweel van ’n huis maak,” sê die 53-jarige Nicki. Hier is haar top-3 wenke om die platteland­se huis van jou drome te vind . . . Ken die mark: “Moenie ’n gebied binnegaan sonder om te weet wat die waarde van die omringende eiendomme is nie,” sê Nicki. “Daar is eiendomsag­ente wat ’n onkundige koper sien aankom. Gaan na ope huise naby die een wat jy in die oog het om te sien wat beskikbaar is.” Nuwer is soms beter: Al soek jy iets met ’n meer “outentieke”, outydse gevoel, kan jy dalk iets nuwer verkies. “Die kamers is dalk kleiner en die plafonne laer, maar onderhouds­koste gaan minder wees,” sê Nicki en herinner eerste kopers daaraan elke sent is belangrik.

Begroting: Nicki sê jy sal dalk nie nou jou perfekte droomhuis kry nie, maar dit beteken nie jy kan nie iets gerieflik en gemaklik kry nie. “Ons het ’n paartjie gehelp om ’n knus plekkie binne hul begroting te kry. Dit is nie hul huis vir altyd nie, maar dit is hul tuiste vir die volgende vyf jaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa