TV Plus (Afrikaans)

This Is Us

-

Seisoen 3 Weekdae SABC3 (*193) 18:30 Drama

Voor sy tragiese dood in terugflits- episodes wat in die vroeë 1990’s afspeel, was Jack Pearson (Milo Ventimigli­a, Denny in die fliek The Art Of Racing In The Rain, 2019) in die gesinsdram­a This Is Us (2016-nou) die byna perfekte pa en mees romantiese TV-gade. Hy het altyd die regte raad om sy kinders te laat glimlag of sy vrou, Rebecca (Mandy Moore, Clara in 2018 in die komedie Drunk History, 2013-nou) se knieë lam te maak.

Maar hy steek iets weg: Die besonderhe­de van sy dienstyd in die Viëtnamoor­log, wat die tema vir seisoen 3 is. “Die oorlog verteenwoo­rdig niks heldhaftig­s of goeds vir Jack nie. Hy is skaam oor wat daar gebeur het,” verduideli­k Milo. Regdeur hul huwelik van 20 jaar vermy Jack dit om enige detail oor die oorlog te verklap, veral op hul eerste afspraak in episode 1 van seisoen 3.

Al wat hy laat glip, is hy het nie geld nie, en hy sukkel om vir hom ’n plek te vind sedert hy terug is in die VSA. “Dis die meeste wat Rebecca oor die oorlog gehoor het,” sê die 43-jarige akteur. Rebecca dink dis omdat Jack se jonger broer, Nicky (Michael Angarano, Steve in die komedie Dollface, 2019-nou), in die oorlog gesneuwel het. Maar dis ’n leuen wat Jack versin het om te verbloem hy en Nicky praat sedert ’n ongeluk in Viëtnam wat die dood van ’n onskuldige seun veroorsaak het, nie meer met mekaar nie. “Daar is min dinge wat Jack gedoen het waarmee ek nie saamgestem het nie, maar dat hy nie met sy broer praat nie, ontstel my beslis,” sê Milo.

 ??  ?? Seisoen 3 SABC3 (*193) 18:30 Drama (sien langsaan) Toe ons laas gekyk het: Jack is nie trots op sy dienstyd in die weermag nie.
Seisoen 3 SABC3 (*193) 18:30 Drama (sien langsaan) Toe ons laas gekyk het: Jack is nie trots op sy dienstyd in die weermag nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa