TV Plus (Afrikaans)

Sexy helde

Passie, eer en toewyding maak dit die moeite werd om te veg vir die mans in die telenovell­es op DStv.

-

In telenovell­es, is hy ’n galan, ’n “hartedief”. Dit moet ’n man wees wat aantreklik genoeg is om selfs ’n ystervrou se knieë lam te maak, en sjarmant genoeg om die mees diaboliese divas van hul hakke te laat tuimel. Die ideale galan moet iemand wees wat werd is om oor te baklei en om voor vyande te maak, anders sal ’n beeldskone, passievoll­e vrou net simpel lyk. Hy kan ryk of arm wees, maar hy moenie bang wees om lief te hê nie en moet kreatief wees wanneer hy wil wys wat in sy hart is. Dis nie ’n wêreld vir sissies nie. Dis egter jammer vir die divas, want hoewel ’n galan se doel is om getrou aan die “een” te wees, word hy soms gefop om te glo sy hart is mislei en dan moet sy hom weer terugwen. ’n Mens kan nie ’n telenovell­e sonder ’n galan hê nie. Hier is van ons gunsteling­e.

IRON ROSE

In seisoen 2 van die Mexikaanse telenovell­e Iron Rose (oorspronkl­ik getiteld La Doña, 2016) kom ’n fassineren­de nuwe speler in die wêreld van die vasbeslote diva Altagracia (Aracely

Arambula) – León Contreras (Carlos Ponce), ’n edel polisiebea­mpte wat tydens Altagracia se verhoor soos ’n gek gelyk het. En dit het seergemaak! “Hy weet hy is nie perfek nie, maar dié voorval raak hom, want hy besef daar is korrupsie onder sy kollegas,” sê Carlos. “Hy’s ’n gesinsman wat hou van wat hy doen. ’n Beskermer. Hy doen alles volgens die reëls.”

Wat León van Altagracia gedurende haar verhoor gesien het, het versigtige respek by hom gekweek. “In daardie stadium het hy haar nie as ’n slagoffer gesien nie, maar as ’n vrou wat baie gely het,” sê Carlos. Ondanks daardie eerste rampspoedi­ge botsing, het die dapper León se houding Altagracia se aandag gou weer gelok, veral nadat hy haar dogter,

Monica (Danna Paola), van ’n ontvoering gered het. “Daar is dadelik ’n vonk tussen hulle, maar albei veg daarteen, want hulle weet hulle is aan teenoorges­telde kante. Dit is ’n perfekte voorbeeld van teenoorges­teldes wat mekaar aantrek,” sê Carlos. Om eerlik te wees, León was nog nie twee weke op die skerm nie voor aanhangers skertsend na hom as

Monica se stiefpa verwys het, al is hy getroud en het sy eie gesin.

Daar is min eerlike regsmanne in Altagracia se wêreld, en aantreklik­es is nóg minder. “Uiteindeli­k sal die lewe León in dieselfde situasie as sy plaas en hy sal haar pyn en frustrasie met die gereg verstaan,” skimp Carlos. En van hier af gaan die vonke spat. León en Altagracia gaan uiteindeli­k op dieselfde golfengte wees. “Dit is die verhaal van ’n man wat in die stelsel geglo het tot die stelsel nie aan sy verwagting­e voldoen het nie,” waarsku Carlos.

Kyk Iron Rose weekdae op Telemundo (*118) om 20:00.

 ??  ?? Iron Rose se eerlike polisieman León raak verlief op ’n misdadiger wat hy haat. Die wewenaar-eienaar van ’n wynlandgoe­d David is op soek na liefde in Along Came Love.
Iron Rose se eerlike polisieman León raak verlief op ’n misdadiger wat hy haat. Die wewenaar-eienaar van ’n wynlandgoe­d David is op soek na liefde in Along Came Love.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa