TV Plus (Afrikaans)

O, die drama!

Wanneer dit kom by drama en opwinding sal Showmax jou heel jaar lank voor jou TV vasgenael hou.

-

Het jy reeds ál 86 episodes van The Sopranos (1999-2007) op Showmax gestroomky­k en is op soek na nóg spannende drama? Met dié moetkyk-dramas hoef jy nie verder te soek nie.

BILLIONS (2016-nou, seisoen 1-5) Geld is die spil waarom die wêreld draai vir dié wat dit het, soos vir die beleggings­ghoeroe Bobby Axelrod (Damian Lewis, Brody in Homeland, 2011-2020). Maar hulle moet gedurig oor hul skouer kyk, want die wet – die staatsprok­ureur vir die suidelike distrik van New York, Chuck Rhoades (Paul Giamatti, Rhino in 2014 in die strokieboe­kfliek The Amazing Spider-Man 2) – wil hulle op hul knieë dwing vir elke sent wat onwettig bekom is. En Bobby sal dit nie duld nie.

LUTHER (2010-2019, seisoen 1-5)

Idris Elba (Heimdall in die sci-fi-strokiesbo­ekfliek Thor, 2011) se karakter speurder John Luther is donker, peinsend, intens en betowerend terwyl hy op soek is na alle misdadiger­s in Londen. Hy moet twee probleme oorkom in sy soektog na geregtighe­id: Die feit dat elke saak hom fisiek en emosioneel meer dreineer, en die verleideli­ke reeksmoord­enaar Alice (Ruth Wilson,

Allison in The Affair, 2014

2019) wat met hom speel.

TRUE DETECTIVE (2014-nou, sei

soen 1-3) Elke misdaad in dié antologier­eeks is kompleks, ingewikkel­d, gefragment­eer en wreed. Van ’n reeksmoord­enaar met ’n gesplete persoonlik­heid in seisoen 1, die georganise­erde misdaad in seisoen 2 tot die veelvuldig­e kindermoor­de in seisoen 3, sal jou laat naels kou. Met bekende akteurs soos

Mahershala Ali (Blade in die komende nuwe weergawe van die vampieraks­iefliek),

Woody Harrelson ( Tallahasse­e in 2009 in die grukomedie­fliek Zombieland) en Colin Farrell (Holt in 2019 in die gesinsflie­k Dumbo) maak dié reeks briljant. VIKINGS (2013-nou, seisoen 6) Wees gegroet, boer- en-nou-Viking-stroper Ragnar! Travis Fimmel (Anduin in die 2016-sci-fi-fliek WarCraft) is besmeer, bebloed en getatoeëer as die legendarie­se Viking, wat nie net die wêreld buite Skandinawi­ë wil verken nie, maar oor alles wil regeer. Hy wil egter benewens roof en plunder ook ander kulture leer ken en ervaar en ’n god word.

THE HANDMAID’S TALE (2017-nou,

seisoen 1-3) Kyk weg indien jy sensuur vrees – dié program is so wreed as kan kom vir mense soos Offred (Elisabeth Moss, Peggy in Mad Men, 2007-2015). Daar is ’n nuwe wêreldorde in dié distopiese drama waar die meeste vroue onvrugbaar geword het. Die oplossing? Skep ’n wrede hiërargie van base en diensperso­neel – maar dienaresse soos Offfred skrop nie net vloere en stryk nie . . . hulle is vrugbaar en word elke maand deur hul eienaars verkrag (in die teenwoordi­gheid van hul eienaresse, sodat hulle “die skep van lewe kan ervaar”) as ’n manier om die bevolkings­groei voort te sit.

THE GOOD WIFE (2009-2016, sei

soen 1-7) Politiek en die wet gaan hand aan hand – en dis ’n probleem vir die slim advokaat Alicia Florrick (Julianna Margulies, dr. Nancy Jaax in die 2019dramar­eeks The Hot Zone, ook op Showmax), wie se man, Peter (Chris Noth, die FBI-agent Frank Novak in die drama Gone, 20172018) ’n politikus is wie se seksskanda­al dreig om voorbladnu­us te wees. Alicia en haar span werk hard om reg en geregtighe­id te laat seëvier. Wees op die uitkyk vir die interperso­onlike verhouding­s by Alicia se regsfirma: Die grense word perfek vervaag.

Indien jy van The Good Wife hou, kyk ook sy splinterre­eks The Good Fight (2017-nou), ook op Showmax (tans seisoen 1-3) te sien. Dit sit die tema van die gekwelde prokureur voort wanneer Alicia se eksbaas Diane Lockhart (Christine Baranski, dr. Beverly Hofstadter in The Big Bang Theory, 2009-2019) gedwing word om haar regsloopba­an oor te begin nadat sy alles in ’n bedrogskem­a verloor het.

 ??  ?? Die twis tussen Bobby (links) en Chuck is meedoënloo­s.
Die twis tussen Bobby (links) en Chuck is meedoënloo­s.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa