TV Plus (Afrikaans)

So ’n bietjie hoop

Ivor Price laat die kalklig val op organisasi­es en individue wat werklik ’n verskil in hul gemeenskap­pe maak.

- Seisoen 1 Sondae VIA (*147) 20:00 Ivor En Die Verskilmak­ers

Die radio- en-TV-persoonlik­heid Ivor Price (40) is keelvol vir al die negatiwite­it rondom die politiek, die ekonomie en die pandemie. Hy soek ’n rede om weer te glimlag en te hoop – en hy glo hy het dit gevind in die nuwe reeks, Ivor En

Die Verskilmak­ers.

“Daar is soveel ‘brugbouers’ in gemeenskap­pe regoor ons reënboogna­sie en ek en (die kanaal) VIA het gevoel dis ons plig om die kalklig daarop te laat val en weer hoop by die kykers te skep,” sê Ivor.

In elk van die 13 episodes van dié goedvoelre­eks besoek Ivor twee organisasi­es wat ’n daadwerkli­ke verskil in hul gemeenskap­pe maak en hy leer meer oor die visie, ambisie en dryfkrag wat dit verg.

ONVOORWAAR­DELIKE LIEFDE

Van die Goudstad in Gauteng tot Blikkiesdo­rp in die Wes-Kaap is daar engel-organisasi­es, soos Door Of Hope, ’n veilige hawe vir weggooibab­as (episode 1, kyk dit op Catch Up op

DStv) en die Blikkiesdo­rp Community Outreach Project (episode 2), wat lewens verander, en dis dié organisasi­es wat Ivor in die reeks bekendstel. “Die harde werk en onvoorwaar­delike liefde wat die organisasi­es se werkers uitstraal, is besonders en persoonlik.

Dit is dit ongeloofli­k om te sien hoe hulle ten spyte van uitdagings, soos finansiële tekortkomi­nge, nie hoop opgee nie,” sê Ivor.

AFRIKAANS, JOU LEKKER DING

In Augustus maak Ivor ’n draai op Stellenbos­ch (episode 6, 16 Augustus), en vind meer uit oor die Universite­it Stellenbos­ch (US) Woordfees se bemagtigin­gsprojek WOW (Woorde Open Wêrelde). WOW verbreed leerders en opvoeders van voorheen benadeelde gemeenskap­pe se horisonne deur hul taalvaardi­ghede op te knap en studiebeur­se aan leerders te bied. “Van al die gemeenskap­sprojekte wat ek al in my lewe teëgekom het, is die Woordfees se WOW-projek loshande die grootste,” sê Ivor. “Wat Fiona van Kerwel (die organiseer­der van WOW) en haar span regkry, is werklik wow.

Daar is omtrent nie ’n kind in hierdie land wat nog nie op die een of ander manier deur hul hande is nie.”

WEGGEBLAAS

Later in Augustus kuier Ivor in Port Elizabeth in die Oos-Kaap (episode 7, 23 Augustus) en hoor meer van die Artombo-kunsprojek en die Tanks

App –’ n toepassing met’ n weermagten­k speletjie wat kinders rekenaarko­dering leer .“Sjoe, die Ta n k s-enA r tombo-episode het my in soveel opsigte oorweldig,” sê Ivor. “Ek het nooit besef daar kan so ’n noue verband tussen die wêreld van kuns en rekenaarwe­tenskap wees nie. In dié episode kuier ek by prof. Jean Greyling en sy vrou, Louise, wat eintlik op soveel maniere van mekaar verskil. Wat hulle wel gemeen het, is ’n liefde vir mense. Jean is die bekende koderingsp­roffie aan die Nelson Mandela-universite­it (NMU) en Lou i se’ n laerskool onderwyser­s wa tin 2013 besluit het om kunsklasse te begin vir kinders wat dit nie kon bekostig nie.

“Eintlik is kuns sowel as kodering in baie opsigte nog in mense se oë ’n ryk mens aktiwiteit. Maar Jean en Louise doen ablei daagliks moeite om dié wêrelde vir arm kinders oop te maak.”

MAAR WAG, DAAR’S MEER

Benewens dié TV-reeks het Ivor ook opwindende nuus en sê daar word reeds nóg ’n reeks wat hy gaan aanbied, beplan. “As alles mooi uitwerk, word dit later vanjaar op VIA uitgesaai en dit sal fokus op die landbousek­tor, wat ook een van my groot passies is.” En hopelik sal die nuwe reeks ook hoop vir die kykers bring, want van geloof, hoop en liefde, kan niemand ooit genoeg kry nie.

 ??  ?? Ivor Price het ’n hart vir gemeenskap­pe en minderbevo­orregtes.
Ivor Price het ’n hart vir gemeenskap­pe en minderbevo­orregtes.
 ??  ?? Fiona van Kerwel (links) gesels met Ivor oor die WOW-projek.
Fiona van Kerwel (links) gesels met Ivor oor die WOW-projek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa