TV Plus (Afrikaans)

Polisiebro­ederskap

Bishop en Pike se lojaliteit word beproef in die gevaarlike wêreld van werk onder die dekmantel vir die polisie.

- Seisoen 2 Maandae Universal (*117) 20:00 (begin 10 Augustus) Bulletproo­f

Laat verlede jaar het tvplus ’n geleenthei­d gekry om op die stel van die nuwe seisoen van Bulletproo­f (2018-nou) rond te snuffel, want dit is in Kaapstad verfilm. Dit was egter nie dié seisoen 2 nie, ons moet dus ’n paar geheime bewaar. Dis so moeilik om niks te verklap nie! Ons kyk wat lê voor vir die polisiemaa­ts Aaron Bishop (Noel Clarke, Mickey Smith van 2005-2010, in Doctor Who, 1963-nou) en Ronnie Pike (Ashley Walters, John Channing in 2017, in Safe House, 2015-nou) wanneer hulle nou by die gevaarlike, moreel troebel water van werk onder die dekmantel betrek word.

ONDER DIE DEKMANTEL

Seisoen 2 neem Pike en Bishop op ’n wêreldreis weg van die reënerige Londen na die luukse Europa en reg oor Amsterdam en Ciprus op die spoor van die Grieks- Cipriese misdaadfam­ilie. Maar daar is ook ’n negatiewe kant. Hul lojaliteit word beproef wanneer die werk onder die dekmantel vereis dat hulle die grense oorskry. Dit gaan delf in al daardie kwessies in seisoen 1 wat skaars oorgewaai het in die jaar sedert hulle vermoed het Pike se pa, Ronald Pike sr. (Clarke Peters, speurder Lester Freamon in The Wire, 2002) – direkteur- generaal van die National Crime Agency (NCA) – is ’n korrupte polisieman, net om die waarheid oor sy gevaarlike jare in ’n polisie-eenheid onder die dekmantel te ontdek. “Ons gaan regtig diep onder die dekmantel. Dit kan ons dwing om onsself beter te leer ken. Bishop vind ’n vaderfiguu­r en Pike begin homself bevraagtek­en en wonder of hy sy lewe verkwis het deur te trou en so normaal en gedissipli­neerd te wees,” sê Ashley, wat saam met Noel een van die reeks se skeppers en skrywers is.

GAAN BISHOP AFWYK?

Bishop, wat in pleegsorg grootgewor­d het, het ’n sekere morele buigsaamhe­id sedert sy vroeë jare – asook kwesbaarhe­de, soos dat hy na ’n vaderfiguu­r smag. “Hulle is goeie ouens en hulle volg die wet. Maar die geheime werk is vir Bishop baie meer natuurlik,” sê Noel. “Wanneer die slegte ouens sê: ‘Reg, ons wil hê jy moet daai ou opfoeter,’ sal hy dit doen. Hy sou dit waarskynli­k in elk geval gedoen het. Wanneer jy onder die dekmantel werk, is daar oomblikke wanneer jy dink, ‘Sjoe, die ou Alex (die Griekse akteur Stavros Zalmas), die slegte ou, beïnvloed werklik vir Bishop.’ Hy sal

Pike egter nooit verraai nie. Maar daar gaan tye wees wat jy dink: ‘Hy word deur dié Alex-ou beïndruk. Of ten minste: Hy hou van Alex tot op die punt waar hy hom dalk kan laat wegkom.’ Waarop dit neerkom, is dat Bishop, wat nie ’n familie of ’n pa het nie, Alex as ’n soort vaderfiguu­r sien.”

BUIG, NIE VERBREEK NIE!

“Ons buig die reëls. Ons oortree nooit die wet nie,” herinner Ashley ons.

“Die hele idee vir die program was oor die twee goeie swart rolmodelle wat die hoofspeler­s is en van wie nog nooit voorheen gehoor is nie, veral in Brittanje. Ons wou hê kinders – in die besonder jong, swart kinders – moes grootword met die wete jy kan iets word, en jy hoef nie oneerlik te wees nie. Jy kan op ’n ordentlike manier daar kom en ’n gesin hê. Dis broederska­p en dís waarop die program gegrond is – ons liefde en respek vir mekaar en lojaliteit teenoor mekaar.”

Noel voeg by: “Dís hoekom hulle nie die wet mag oortree nie en mekaar nooit sal verraai nie.”

Een van Ashley en Noel se doelwitte met die reeks is om kinders ’n beter speelervar­ing te bied as toe hulle grootgewor­d het – want op hul TV-skerms was daar nooit goeie swart polisieman­ne nie. Noel sê: “Jy weet, wanneer jy jonk is en van die fliekteate­r kom en sê: ‘Ek is Beverly Hills Cop! (1984)?’” Ashley spring in: “En wat was die alternatie­f? ‘Ons gaan Knight Rider (1982-1986) speel en jy is die kar.’ ‘Hoekom?’ ‘Want jy’s swart! Toe, maak nou die geluide,’” spot hy, terwyl hy KITT die kar se elektronie­se swoesjklan­ke namaak en die ouens laat lag voor hy byvoeg: “Maar nou kan jong kinders Bishop en Pike wees.” Noel sluit af: “Die goeie ding vir my is dat dit nie (die heel tyd) gaan oor ons wat swart is nie. Dis nie ‘ twee swart polisieman­ne nie’, dis Bishop en Pike, en dis dit.”

 ??  ?? Pike en Bishop werk onder die dekmantel in seisoen 2 van Bulletproo­f.
Pike en Bishop werk onder die dekmantel in seisoen 2 van Bulletproo­f.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa