TV Plus (Afrikaans)

’n Man op ’n missie

Dr. Sergio de Freitas se soeke na die waarheid oor iets uit sy verlede het hom na Binneland laat kom.

-

Daar is ’n nuwe dokter wat in Augustus sy verskyning by die Binneland-kliniek maak en hy is ’n man met ’n missie. Dr. Sergio de Freitas (Emmanuel Castis, Chris Spencer in Erfsondes, 2007-nou) soek na die man wat sy ma (nie op die skerm nie) jare terug vermoor het. En hy is oortuig Okkie (Ben Kruger) is die skuldige!

“Sergio is ’n bekwame chirurg en kenner van taktiese mediese optrede en bied ’n kursus by Binneland aan om dokters en mediese personeel daarin op te lei,” sê Emmanuel. Maar Sergio se eintlike doel is om nader te kom aan Okkie, wat die restaurant Tonik in die hospitaal bestuur, en meer oor Okkie se verbinteni­s met sy ma uit te vind. Hy wil hê

Okkie moet vir sy wrede daad boet.

TRAUMA IN ANGOLA

Sergio het tydens die grensoorlo­g in die 1970’s by sy ouers in Angola grootgewor­d. Sy pa is deur vyandigges­indes doodgemaak en Sergio en sy ma is deur Suid-Afrikaanse soldate gered. “Sergio het vae herinnerin­ge daaraan, maar hy onthou spesifiek Okkie Ferreira was een van die soldate wat hulle gered het net voor Sergio sonder sy ma na Portugal geneem is om by familie te gaan bly.”

Sergio het geglo sy ma het van hom vergeet en saam met een van die soldate ’n nuwe begin, maar hy het onlangs gehoor sy ma se lyk is in ’n vlak graf in Angola gevind en dit lyk asof sy vermoor is. “Nou is sy enigste doel om uit te vind wat met sy ma gebeur het.”

NAGMERRIES EN TERUGFLITS­E

Terugflits­e en nagmerries oor sy ma teister Sergio. En dit vererger nadat Sergio vir Okkie in die Binneland-kliniek raakloop terwyl Sergio sy kursus aanbied en Okkie hom nie herken nie. “Dit ruk Sergio en maak hom van voor af kwaad, en vererger die nagmerries,” sê Emmanuel.

Sergio probeer nader aan Okkie se dogter, verpleegsu­ster

Naomi (Je-ani Swiegelaar), kom deur haar te probeer oorreed om die kursus te doen, maar sy wil nie daaraan byt nie. Maar so maklik gaan Sergio nie opgee nie. Hy is hoopvol wanneer hy besef hy kan dr. Maya (Kara du Toit) help trek – sy huur ’n kamer by die Ferreiras en Sergio sien sy kans om in die Ferreira-huis te kom wanneer hy hand bysit met haar trekkery.

VRA SUBTIEL UIT

Sergio sit voet in Okkie se huis wanneer hy Maya se bokse indra. “Sergio knoop ’n geselsie met Okkie aan en vra hom subtiel uit oor sy weermagdae, maar Okkie praat dit vinnig weg en Sergio sien dit krap Okkie om,” sê Emmanuel.

Later die aand geniet hy ’n drankie saam met Maya by die nuwe kuierplek Doepa. “Hy neem haar huis toe nadat hulle gekuier het, en wanneer Sergio Maya by die deur groet, vang sy oog ’n weermagtro­mmel.”

’N INBRAAK

Okkie herleef ’n herinnerin­g uit sy weermagdae toe hy ’n siviele konvooi geteiken het en reik uit na sy vriend De Klerk Steyn (Anton Dekker, Kobus Grobler van 2015-2020 in Skeem Saam, 2011-nou) wat destyds saam met hom ’n soldaat was. Hy erken aan De Klerk Sergio se gesprek het hom laat terugdink aan die groot geheim wat hy en De Klerk van hul tyd in Angola deel . . .

Intussen spook die weermagtro­mmel by Sergio en hy breek by die Ferreirahu­is in. Sergio vind iets in die trommel wat ’n groot deurbraak is in sy soeke na antwoorde oor wat met sy ma gebeur het. “Ek kan nie verklap wat dit is nie, maar Sergio is nou nog meer vasberade om Okkie aan die pen te laat ry,” sê Emmanuel.

WAT ’N FEES!

Emmanuel geniet die tyd by Binnelande­rs (2005-nou) baie. “Die hele opset en die stel (in Johannesbu­rg) is wêreldklas,” sê Emmanuel wat in 2016 in die rol van Kostas in die Amerikaans­e sepie General Hospital (1963-nou) gespeel het. Hy wil nie verklap hoe lank hy Sergio se skoene gaan vul nie, maar sê: “Die storielyn gaan nie verloop soos kykers dink nie, daar wag groot verrassing­s.”

 ??  ?? Emmanuel Castis speel die rol van dr. Sergio de Freitas.
Emmanuel Castis speel die rol van dr. Sergio de Freitas.
 ??  ?? Okkie (links) gesels met sy ou weermagvri­end De Klerk oor ’n geheim.
Okkie (links) gesels met sy ou weermagvri­end De Klerk oor ’n geheim.
 ??  ?? Sergio (links) maak gou vriende met Maya om nader aan Okkie te kom.
Sergio (links) maak gou vriende met Maya om nader aan Okkie te kom.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa