TV Plus (Afrikaans)

’n Kwessie van tyd?

Annelize is in ’n donker bui oor haar huwelik wat verbrokkel.

-

At Koster (Hans Strydom) is op ’n missie om die lewe vir sy vrou, Annelize (Cindy Swanepoel), hel op aarde te maak en haar sodoende te dwing om van hom te skei.

Die huweliksko­ntrak tussen die paar is baie duidelik: As At van Annelize wil skei, gaan hy ’n groot som geld en aandele in die Binneland-kliniek vir Annelize moet gee, maar as Annelize die egskeiding inisieer, is At skotvry.

Hy hoop dus Annelize besluit om hom vir ’n egskeiding te dagvaar, maar Annelize is net so hardkoppig soos At. Sy sal eerder die vernederin­g sluk wat sy onder At verduur as om hom die bevredigin­g te gee van eerste kop uit hul huwelik te trek.

LOJALITEIT IS ALLES

Naas die kliniek is familie en lojaliteit twee van die dinge wat vir At van kardinale belang is, en hy meen Annelize se lojaliteit teenoor hom skiet ver te kort.

“Annelize het swak besluite in At se afwesighei­d (in Julie) geneem terwyl hy by ’n konferensi­e in Israel was. Sy was waarnemend­e hoof by die kliniek, maar het dit wanbestuur en was in kontak met haar eksman, Eben (Zak Hendrikz), wat lasernavor­sing by Binneland gesteel het,” verduideli­k Cindy oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot At se wantroue in haar karakter.

Conrad (Hykie Berg), At se seun, het hom alles vertel van Annelize se swye en swak bestuur en Annelize is uit die raad, asook haar kantoor geskop. Sy is nou net ’n gewone dokter by Binneland en weens die druk wat At op haar uitoefen om te skei, is haar humeur kort en die hospitaal-personeel loop deur. “Sy is ’n tiran en haar vlymskerp tong klap lelik, veral na die verpleegst­ers, soos Naomi (Je-ani Swiegelaar) wat sy sommer om geen rede nie uittrap.”

DIT GAAN NIE OOR GELD NIE

At en Annelize se huwelik was nooit in liefde gewortel nie, maar is bloot net ’n vennootska­p, maar die vennootska­p is vir Annelize steeds van die uiterste belang. “Annelize gee nie meer om oor die geld of aandele wat sy in ’n egskeiding sal kry nie. Sy wil aan At se sy bly, sy vertroue en mag wat sy naam dra, geniet, en die Binneland-kliniek suksesvol bestuur. En sy sal baklei om dit te behou,” sê Cindy.

Een van haar kollegas, dr. Tertius (Reynardt Hugo), sien Annelize trek swaar en probeer haar oorreed om verlof te neem en haar emosies uit te sorteer. “Annelize wil niks daarvan weet nie, maar gee wel later in – op voorwaarde dat Tertius haar sal toelaat om nagskofte by ongevalle te doen. Anders gaan sy van haar kop af raak,” sê Cindy.

DIE GANGE IS WEER KALM

Met Annelize wat net saans werk, kan die personeel weer asemskep, en sy is effens meer genaakbaar met die verpleegst­ers wat tydens haar skof werk. “Annelize besef om soos Godzilla te kere te gaan, gaan niks help nie. Sy moet koel en kalm bly en so haarself weer in At se goeie boekies inwurm.”

En ’n geleenthei­d om dit te doen, duik op wanneer sy hoor At het hulp nodig om ’n gesellighe­id te reël. En wie beter as sy eggenote om hand by te sit?

IS DAAR HOOP?

Dit lyk asof dinge beter gaan tussen At en Annelize terwyl sy hard aan die onthaal werk. Maar dan kry sy die skok van haar lewe wanneer ’n pakkie by haar afgelewer word.

Wat dit is, mag ons nie verklap nie, maar ons weet Annelize is ’n dinamiese vrou met ambisie, en At vind dit baie aanloklik . . .

 ??  ?? Annelize (lnks) is ’n tiran in die Binneland-kliniek en suster Naomi (regs) loop onder haar skerp tong deur.
Annelize (lnks) is ’n tiran in die Binneland-kliniek en suster Naomi (regs) loop onder haar skerp tong deur.
 ??  ?? At (links) en sy seun Conrad wil Annelize uit die Koster-gesin hê.
At (links) en sy seun Conrad wil Annelize uit die Koster-gesin hê.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa