TV Plus (Afrikaans)

EVIL (2019-NOU)

-

Met die eerste oogopslag lyk Leland Townsend (Michael Emerson, Finch in Person Of Interest, 2011-2016) soos ’n kort, onskadelik­e, middeljari­ge man met ’n seëlversam­eling wat dink wanneer hy saans tot ná 23:00 wakker is, is dit ’n “wilde nag”. Maar agter die bril en geelgrys pak skuil ’n man wat letterlik met bose magte werk.

Leland gebruik in dié bonatuurli­ke reeks sy vermoë om mense op so ’n glibberige manier te manipuleer dat jy hom sal haat nog voor hy ’n woord gesê het. Hy is ’n forensiese sielkundig­e en terapeut en gebruik sy sinistere talente om sy pasiënte te oorreed om hul uitkyk op die lewe te verdraai en om dood en geweld te saai. Kort voor lank vestig hy sy aandag op Kristen Bouchard (Katja Herbers, Emily in Westworld, 2016-nou) en bring haar tydens ’n saak van stryk af deur haar ma te verlei om só nader aan haar familie te kom. En sy toenaderin­g tot haar ma is nie die slegste ding wat Leland doen nie. Is Leland dus ’n mens of ’n duiwel?

“Ek sou sê hy is meer deel van ’n voortgeset­te stryd tussen die magte van ons ondersoeke­rs, wat die kerk verteenwoo­rdig, en die magte van ’n vaag gedefiniee­rde, maar tasbare bose mag op die planeet. Ons sal dus moet sien waarheen alles lei,” sê Emerson in sy tweed-baadjie. Hy verduideli­k: “Ek weet nie vooruit watter ontwikkeli­ngs daar gaan wees nie. Ek neem tans aan Leland is ’n mens, maar wie weet waar daardie goed eindig?” Kyk Evil seisoen 1, Maandae op M-Net City (*115) om 21:40.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa