TV Plus (Afrikaans)

DIE ENKELLOPEN­DES

-

Chantelle Thrupp-Snow (33) Ná twee mislukte huwelike en nadat ’n persoonlik­heid s afwyking by haar gediagnose­er is, is dié uitvoerend­e rekeningku­ndige beampte gereed vir ’n nuwe begin. Sy onthul haar ondergang is dat sy te veel aandag soek en vurig is weens haar kwessie met verlating. “Ek moet leer om die regte keuses te maak,” sê Chantelle.

Tori Celliers (47) Dié eienaar van ’n fiksheidsa­teljee se huwelik het op die rotse beland nadat haar man talle kere ontrou was. Dié ma van twee het oorweeg om met hom te versoen, maar hy is tragies vermoor. Sy soek afsluiting en wil aanbeweeg.

Helen Zondo (50) Sy is al 14 jaar lank enkellopen­d ná haar egskeiding. Die operateur van openbare vervoer was 10 jaar lank met haar kêrel getroud, maar alles het ná hul huwelik skeefgeloo­p. “Ek wil die emosionele grense afbreek wat die proses om te vergewe stuit,” sê Helen.

Nikki Nell (42) Dié bemarkings­bestuurder het nie veel kêrels gehad nie. Sy het met haar tweede kêrel getrou en hul huwelik het 12 jaar gehou. Sy is opgewonde om te leer om weer lief te hê, die veugde van afsprake te geniet en saam met eendersden­kende mans te kuier.

Angel Pather (38) Dié advokaat en beïnvloede­r op die sosiale media het in haar vroeë 20’s met haar tienerlief­de getrou. Die volgende 12 jaar was mislik en het tot haar egskeiding gelei. Sy het haar huwelik weer probeer aanvuur, maar ná ’n paar jaar besef sy is steeds ongelukkig. Angel het die moed bymekaar geskraap om haar man vir altyd te verlaat en wil nou aan haar probleem met vertroue werk.

Genevieve Stander (37) Dié ma van twee en bedryfshoo­f is op soek na die allergroot­ste liefde: liefde vir haarself. Haar eks was ontrou en nadat hulle uitmekaar is, het haar kêrel haar ook verkul. Genevieve was so onseker sy het aan dwelms verslaaf geraak. Sy is nou skoon, en sien daarna uit om gesonde bande te vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa