TV Plus (Afrikaans)

This Is Us

-

Seisoen 3 SABC3 (*193) 18:30 Drama

Sedert hulle in hul eerste jaar op universite­it begin uitgaan het, is die oud-argitek Beth (Susan Kelechi Watson, Billie in 2016 in die dramareeks Billions, 2016nou) en haar man, Randall (Sterling K. Brown, Reggie in die komedieree­ks The Marvellous Mrs Maisel, 2017-nou) mekaar se grootste ondersteun­ers in die gesinsreek­s This Is Us (2016-nou). “Hul huwelik is eenvoudig: Hulle is altyd daar vir mekaar,” sê Susan. “Dit is nou ’n tyd waarin sy meer daar is vir hom, maar indien sy hom nodig het, is Randall reg om haar by te staan,” sê die 38-jarige Susan, wat amper nie Beth gespeel het nie.

Sy wou ná ’n paar klein rolle to1 neelspel opgee, soos Cindy in 2014 in die rilreeks The Following (2013-2015). “’n Maand voor ek This Is Us gekry het, het ek byna na Kanada getrek om in ’n koffiekroe­g te werk,” sê Susan. “Ek het alle vertroue verloor, maar my geliefdes het my aangemoedi­g om voort te gaan.” Soos Beth is Susan se ouers Jamai2 kaanse immigrante. Sy’s een van ses kinders, en haar middelnaam, Kelechi, beteken Dank God in die Nigeriese taal Igbo. ’n Vriend van haar ouers het in ’n Afrika-seremonie haar die naam gegee. Susan het in 2004 ’n meestersgr­aad 3 in die skone kunste aan die Universite­it van New York behaal. Die vonk tussen haar en Sterling is nie toeval nie, want hulle ken mekaar al van universite­it af, al was hy twee jaar voor haar. ’n Ander herontmoet­ing op die stel 4 vir Susan was met haar voormalige lektor Phylicia

Rashad (Clair Huxtable in die sitkom The Cosby Show, 1984-1992) wat Beth se ma,

Carol, vanaf seisoen 3 speel.

 ??  ?? Die medesterre Susan (links) en Sterling is al sedert hul universite­itsdae vriende, amper soos hul karakters.
Die medesterre Susan (links) en Sterling is al sedert hul universite­itsdae vriende, amper soos hul karakters.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa