TV Plus (Afrikaans)

Undercover Boss US

Seisoen 10 BBC Brit (*120) 20:00 Realiteit

-

Wie het kon raai dit kan soveel pret wees om te sien hoe ’n grootkop, of die eienaar, van ’n maatskappy met ’n snor en ’n pruik onder die dekmantel as ’n laevlak-werknemer diens verrig? In Undercover Boss US (2010-nou) kan die grootbase sien hoe hul werkers hul pligte daagliks nakom, met of sonder die korrekte toerusting. TV-netwerke het Stephen Lambert, medeskeppe­r van die reeks, aanvanklik weggewys. “Niemand wou ons ’n kans gee nie, maar ons het 38 miljoen kykers in ons eerste seisoen gehad. Ons het Modern Family (20092020) ver oortref,” onthou Lambert. Maar hoe glip die base so skelm in?

Die base kies hul vermomming­s en 1 die span gebruik opgeleide grimeerkun­stenaars en spesiale effekte van Hollywood. “Die ingewikkel­de vermomming­s met pruike, snorre en baarde kan tot 4 uur duur,” sê Stephen. Die vervaardig­ers van die reeks 2 kies die werkscenar­io’s vir die base om te verseker die base kies nie iets waarmee hulle vertroud is nie, sê Stephen. “Dit moet van die begin tot die einde ’n eerlike ervaring wees.” Undercover Boss stuur voor die 3 verfilming spanne om meer oor die ondernemin­g uit te vind, maar doen dit ook onder die dekmantel, dikwels as kastige kliënte of sakevennot­e.

Elke episode duur ’n week om te 4 skiet, met die kameraspan wat aan nuuskierig­e werkers vertel die “nuweling” word vir ’n dokkie verfilm. Die baas werk elke dag vir sewe dae in ’n ander afdeling van die maatskappy. Niemand in die maatskappy weet 5 die waarheid oor die verfilming nie – net die baas.

 ??  ?? Alan McKim (links), HUB van die maatskappy Clean Harbors, word vermom (regs) om in seisoen 10 onder die dekmantel by sy ondernemin­g te werk.
Alan McKim (links), HUB van die maatskappy Clean Harbors, word vermom (regs) om in seisoen 10 onder die dekmantel by sy ondernemin­g te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa