TV Plus (Afrikaans)

Tanto Amor

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 08:30 Telenovell­e

Latyns-Amerikaans­e sepies het die VSA se dagsepies, soos Bold & Beautiful (1987-nou, lees meer op bl. 32) en Days Of Our Lives (1965-nou, lees meer op bl. 32), onttroon. Soos Tanto Amor (20152016), waarin die misterieus­e Altagracia Roldán van die een romanse na die volgende fladder. Die 53-jarige aktrise Aura Cristina Geithner is ’n bietjie versigtige­r in haar liefdeslew­e, en sê: “Nie nou nie, maar ek is ontvanklik vir romanse, die avontuur en liefde. Ek het wonderlike mense geken. Dis belangrik wanneer die hart weer begin klop, maak nie saak hoe oud jy is nie.”

Voor sy begin toneelspee­l het 1 (haar eerste rol was María Conchita in die 1989-sepie The Wind Rose), was sy ’n supermodel by die huis in Colombia en het grade in die skilderkun­s en internasio­nale skakelwerk verwerf. Haar tweelingbr­oer, 2

Harry, is ook ’n akteur. Sy mees onlangse rol was Jorge Garcia in die Mexikaanse 2018-telenovell­e For Loving Without Law. Hulle het nog nooit saam aan ’n reeks gewerk nie. Aura dans al van voor skool af en 3 is uiteraard dol oor Latyns-Amerikaans­e dansstyle. “Daar’s ’n vonk in die musiek en in die passies. Jy staan nie stil nie,” sê die aktrise.

Sy’s ook ’n sangeres en het in 1994 4 die album Calor uitgereik. Aura het liedjies gesing vir die amptelike klankbaan van die meeste telenovell­es waarin sy gespeel het.

Die aktrise was van 1998 tot 2000 5 getroud met die Colombiaan­se sakeman Marcelo Dos Santos en het ’n seun, Demian.

 ??  ?? Aura Cristina Geithner is baie ernstiger as haar karakter Altagracia.
Aura Cristina Geithner is baie ernstiger as haar karakter Altagracia.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa