TV Plus (Afrikaans)

The Good Fight

Seisoen 4 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Die elegante en astrante Christine Baranski maak die wêreld warm as die prokureur Diane Lockhart in die dramareeks The Good Fight (2017-nou) en die 68-jarige aktrise is dol daaroor. “Diane stuit vir niks en niemand nie. Sy beheer die kantoor met ’n ystervuis,” sê Christine, wat ook die streng dr. Beverly Hofstadter in die komedieree­ks The Big Bang Theory (2007-2019) gespeel het. En net soos Diane, geniet Christine dit om haar skoene ná ’n lang dag uit te skop en aan ’n martini te teug.

Sy is vir 15 Emmy-pryse benoem 1 (vier vir The Big Bang Theory en ses vir The Good Wife, The Good Fight se moederreek­s), maar het net een keer gewen – in 1995 as die ondersteun­ende aktrise in ’n komedieree­ks as Maryann Thorpe in Cybill (1995-1998).

Sy is in klassieke teater opgelei en 2 het haar BA-graad in 1974 aan die beroemde Juilliard in New York verwerf. Haar debuutrol op Broadway was as Elly in die drama Hide & Seek in 1980. Christine hou nie van sing nie, maar 3 kan darem noot hou. “Ek het nooit probeer nie tot ’n professor my aangepor het,” sê sy en skerts: “As die toneelspel nie uitwerk nie, het ek ’n plan B.” Toneelspel is ’n familiesaa­k – haar 4 Poolse grootouers was verhoogspe­lers, en sy was van 1983 getroud met Matthew Cowles (Willy in Oz, 1997-2003) tot hy in 2014 aan hartversak­ing gesterf het. Hulle het twee dogters, Isabel (37) en

Lily (33), wat Isobel in die nuwe weergawe van die sci-fi-reeks Roswell, New

Mexico (2019-nou) speel.

 ??  ?? Diane Lockhart is een van TV se gedugste prokureur-karakters.
Diane Lockhart is een van TV se gedugste prokureur-karakters.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa