TV Plus (Afrikaans)

The Gardener

-

Seisoen 19 The Home Channel (*176) 21:00 Leefstyl

Wanneer dit by ’n goeie hand met ’n plant kom, is die aanbieder Tanya Visser los voor in The Gardener (2003-nou). En die 47-jarige tuinbouer laat haar nie deur die winter en grendeltyd onderkry nie. “Ons was nog besig met verfilming toe die inperking in Maart ingestel is. Ons moes die werk dus koorsagtig inhaal voor ons nuwe seisoen uitgesaai word,” sê Tanya. Is jy onseker wat om in jou eie tuin te doen? Leer by een van die voorste kenners in die plaaslike bedryf.

Wat is belangriks­te stuk gereedskap? ’n

Goeie snoeiskêr.

Is daar enige tuinmaakre­ëls? Die heel eerste reël is daar is geen reëls nie! Maak dit jou eie paradys. Volg jou instink.

Hoe het jy begin tuinmaak? My oorlede ouers, Jenny en Rodney, was ywerige tuiniers. Dis in my bloed en hul invloed van jongs af is my anker elke dag. Dis natuurlik nie betalend om jou eie heeltydse tuinier tuis te wees nie, dus ek het tuinbou gestudeer en as student by ’n bekroonde tuinsentru­m gewerk saam met mentors by wie ek baie geleer het. Wat is die grootste fout wat die meeste mense maak? Om nie die grond goed voor te berei nie. Jy het net een kans om dit reg te kry. Doen die werk met kompos en organiese kunsmis, en pluk die vrugte. Wat is die ergste besering wat jy in die tuin opgedoen het? ’n Allergiese reaksie op hiasintbol­le; glad nie ’n mooi prentjie nie. Ek het lippe soos Angelina Jolie (Maleficent in die 2014-fliek Maleficent) gehad sonder enige kosmetiese chirurgie en ’n rit na die hospitaal vir ’n adrenalien-inspuiting om die lugweë oop te maak.

 ??  ?? Tanya Visser leer kykers tuinmaak 101 in haar reeks.
Tanya Visser leer kykers tuinmaak 101 in haar reeks.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa