TV Plus (Afrikaans)

Stephanie Baartman speel die rol van Bibi in Getroud Met Rugby.

-

Ek dink dit is tyd dat Johan van Getroud Met Rugby die sepie verlaat. Lienkie moet saam met hom gaan. Hy is te groot vir sy skoene en het al ’n meisie. Hy is ook die enigste kind in die sepie en hoort nie daar nie. En Bibi gaan soos ’n bakvissie tekere oor Jordan. – ANONIEM, SMS

Kan Annelize asseblief uit Binnelande­rs padgee! – ANONIEM, SMS Hierdie hele gay-storie in 7de Laan gaan nou net te lank aan. Daar is mos niks met Shawn verkeerd nie? En sy bullebak-pa DeWet kort ’n klap. Om gay te wees is nie ’n sonde of abnormaal nie. – TANNIE EMS, FACEBOOK

Die gay-storielyn in 7de laan is regtig goed. Goeie werk 7de Laan! – WARREN, FACEBOOK Die 7de Laan-storielyne is goed. Die ou Mariaan kom weer te voorskyn en ontmasker almal wat haar gesin se geluk bedreig en sit hulle op hul plek. En Connie se babadrama is net so vermaaklik om te kyk. – LINDZAY, FACEBOOK

Hierdie storie in Arendsvlei van

Debra wat op Steve verlief raak, laat my gril. Sy weet nie hy is haar biologiese pa nie, en dit lyk of hy en Wendy weer versoen gaan raak. – EMMA, FACEBOOK Schalk Bezuidenho­ut se hare in Die Ware Naarheid op kykNET maak my sommmer naar. En hoekom fokus die reeks so baie op die Britte en Meghan Markle? Op VIA is die reeks Ryk Bruid, Arm Bruid, maar dit is dan in Engels? Ons moet die onderskrif­te lees. Ek is nou ook al moeg vir kosprogram­me. Tot

Minki se geselsprog­ram op VIA gaan ook net oor kos. – MARIE, SMS

Dankie, Ferdinand Rabie, vir die beste reeks nóg, Kwarantyn. Ek kan nie wag vir die volgende seisoen nie! – CHARMAINE, E-POS Die realitieit­sreeks Kwarantyn was ’n fees. Dit het my baie aan Big Brother laat dink, veral met Ferdinand Rabie as aanbieder. Ek hoop daar kom nog ’n seisoen van Kwarantyn. – SUSAN, E-POS

Ek is ook moedeloos oor al die Outsurance-advertensi­es. Dan is daar ook gedurig kookadvert­ensies. – DRIES, SMS Kan die TV-kanale tog net die Sensodyne-tandepasta-advertensi­e van die TV verwyder? Dit voel v asof dit elke twee minute n uitgesaai word! Ons het h die boodskap gekry. Verdwyn tog net, asseblief. – JOLENE, SMS

Ek soek altyd na nuwe T TV-programme om te k kyk en het onlangs d die SABC2-sepie Lithapo ontdek. Wat W ’n uitmuntend­e reeks! En d daar is soveel bekende gesigte, soos Joyce Skefu, Seputla Sebogodi, Mangaliso Ngema, Israel Zulu en Sthandiwe Kgoroge. Ek het eers gesukkel om die storielyn te snap, maar nadat ek ’n paar e episodes gekyk het, was ek behoorlik vasgevang. Mense m moet regtig na hierdie juweel k kyk. – LINDA, E-POS Die hele wie-het-dit-gedoenstor­ielyn in Days boei my. Die bose Deimos spook ná sy dood steeds by Salem se mense. Ek het gedink Days sou hom langer hou en ’n ander monsteragt­ige boef skep ná die dood van die akteur Joseph Mascolo, wat die superboef Stefano DiMera gespeel het. – JUDGE, FACEBOOK

 ??  ?? Schalk Bezuidenho­ut is die aanbieder van Die Ware Naarheid.
Schalk Bezuidenho­ut is die aanbieder van Die Ware Naarheid.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa