TV Plus (Afrikaans)

Liewe monsters!

Lykrowers, aardgeeste en ander nare gediertes kry ’n skattige oormaak in dié animasiefl­ieks op Showmax.

-

Die wêreld is soms ’n skrikaanja­ende plek met genoeg monsters. Maar soms is hulle nie so afgryslik soos hulle lyk nie. Showmax het genoeg liewe skepsels wat jou kinders se aandag kan aflei van die monsters onder hul bed. Kyk gerus dié animasiefl­ieks en hul oulike gruwels.

ZOG (2018)

Dié animasiefl­iek is gegrond op Julia Donaldson se gelyknamig­e boek van 2010 en is deur die Triggerfis­h Animation Studio in Suid-Afrika vervaardig en geanimeer. Dit vertel die verhaal van Zog, ’n oulike, maar lomp, oranje draak met ’n horing en vlerke. Hy lyk soos ’n groot skrikaanja­ende gedierte, maar hy is skattig, wil net aanvaar word en sy klasse by die draakskool slaag. Stem: Kit Harington (Jon Snow in Game Of Thrones, 2011-2019).

THE GRUFFALO (2009)

Julia Donaldson se skepping vir die gelyknamig­e kinderboek van 1999 kry lewe in dié stop-aksie-fliek. Dit volg ’n muis op sy avontuur deur die woud op soek na kos, maar hy kom drie groot vreesaanja­ende diere teë – ’n jakkals, ’n uil en ’n slang. Almal sal hom sonder om twee keer te dink vir ontbyt opvreet. Om hulle af te skrik, vertel hy hulle hy is op pad om die kammaGruff­alo – ’n selfs meer vreesaanja­ende monster wat hulle sal vreet – te ontmoet. Maar die Gruffalo bestaan werklik en het ’n hart van goud. Stem: Helena Bonham Carter (prinses Margaret in The Crown, 2016-nou).

ABOMINABLE (2019)

’n Groep tieners ontdek jeti’s bestaan werklik – en hulle is oulik, wollerig en skattig ondanks hul grootte en voorkoms. Die ware monsters in dié animasiefl­iek is die sakemanne en die dierkundig­es wat die jeti probeer vang om in ’n dieretuin as toeriste-attraksie te sit om geld te maak. Maar om ’n jeti in die hande te kry, moet die slegte ouens eers die kinders uitoorlê. Stem:

Sarah Paulson ( Wilhelmina, Billie Dean en Cordelia in American Horror Story: Apocalypse, 2019).

HOW TO TRAIN YOUR DRAGON 1, 2 & 3 (2010-2019)

’n Lamsakkige Viking-prins genaamd Hiccup vind ’n vriend in Toothless, ’n “night fury”- draak in dié aangepaste weergawe van Cressida Cowell se gelyknamig­e boek van 2003. Moenie soek na ’n vuurspuwen­de draak met skubbe en skerp kloue nie. Toothless het inderwaarh­eid al die minsame elemente van ’n seekoei – hy is klein, rond en effens geset. Maar moenie aan sy verkeerde kant beland nie – “night fury”- drake het nie sonder rede hul reputasie verwerf nie. Stem: Jay Baruchel (Sean in The Moodys, 2019-nou).

HOME (2015)

In sci-fi-flieks vir volwassene­s lyk die ruimtewese­ns soos iets uit ’n nagmerrie. Hulle het groot swart oë en lang stokkerige vingers. In dié animasiefl­iek is die ruimtewese Oh, wat liefderyk lyk, ’n uitgeworpe­ne op sy planeet en hy raak bevriend met ’n verlore meisietjie, Tip. Saam probeer hulle Tip weer tuis by haar ma kry en ontwikkel die beminlikst­e band met mekaar wanneer Oh ontdek hy is nie so sleg soos wat sy spesie hom laat voel nie. Stemme: die sangeres Rihanna (2005- enkelsnitt­reffer Pon De Replay) en Jim Parsons (Sheldon Cooper in The Big Bang Theory, 2007-2019).

 ??  ?? Zog (middel) lyk so skattig, maar hy is steeds ’n draak.
Zog (middel) lyk so skattig, maar hy is steeds ’n draak.
 ??  ?? Die Gruffalo lyk meer skrikwekke­nd as wat hy werklik is.
Die Gruffalo lyk meer skrikwekke­nd as wat hy werklik is.
 ??  ?? ’n Groep tieners red die “verskrikli­ke”, afskuwelik­e jeti.
’n Groep tieners red die “verskrikli­ke”, afskuwelik­e jeti.
 ??  ?? Tip kry hulp om weer by die huis te kom van haar nuwe pers ruimtevrie­nd, Oh.
Tip kry hulp om weer by die huis te kom van haar nuwe pers ruimtevrie­nd, Oh.
 ??  ?? Hiccup se draak, Toothless, lyk soos ’n lieftallig­e seekoei met vlerke.
Hiccup se draak, Toothless, lyk soos ’n lieftallig­e seekoei met vlerke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa