TV Plus (Afrikaans)

Ontrafel ware misdaad

Aanhangers van tradisione­le ondersoeke soos in die ou dae sal dol wees oor The Real Prime Suspect op CBS Justice (*170). Ontmoet die aanbieder en oudspeurde­r Jackie Malton.

-

Prime Suspect, die polisie-speurdrama wat van 1991 tot 2006 uitgesaai is, het gedraai om die sake wat deur die bedrewe hoofspeurd­er

Jane Tennison (Helen Mirren, Queenie Shaw in die 2019aksief­liek Hobbs & Shaw) opgelos is. Jane was deels gegrond op Jackie Malton – ’n suksesvoll­e speurder in die Britse polisiemag wat die inspirasie was vir die skrywer Lynda la Plante se boeke en die reeks. Nou bied Jackie The Real Prime Suspect (2020) aan, ’n dokumentêr­e reeks oor regte Britse moordsake, met behulp van beamptes en verskeie misdaadken­ners. Sy het tvplus vertel waarom dit die moeite werd is om dié program te kyk.

Wat maak The Real Prime Suspect uniek?

Dis ’n oudspeurde­r wat met ander speurders praat. Baie van hulle is afgetree en het fantasties­e werk gedoen aan sake voor daar toegang tot DNS, kringtelev­isie, die sosiale media, ens., was; dus polisiërin­g uit die ou dae.

Waarvoor moes julle versigtig wees in die maak van die program?

Ons moes natuurlik die slagoffers se families in gedagte hou. Dit was die eerste vereiste in die benadering tot dié sake. Ons moes dit nie obseen of na uitbuiting laat lyk nie.

Was daar spesifieke sake wat jou bygebly het?

Elkeen het my om verskillen­de redes bygebly. Die reeksmoord­sake en dié waarby kinders betrokke was, sal my altyd bybly. Indien ek een moet uitsonder, sal dit die een wees waartydens die man sy vrou en nege maande oue baba vermoor het. Ek kan my nie indink hoe iemand so iets kan doen nie.

Jou tyd in die polisiemag is deur Helen Mirren in Prime Suspect uitgebeeld. Hoe akkuraat was dit?

Buiten dat die karakter heteroseks­ueel was, was dit baie akkuraat. Ek het gereeld met [die skrywer] Lynda gepraat en ons het ure lank oor my ervaring gesels. Ek is nie Jane Tennison per se nie, maar daar is baie van my in Tennison.

• Kyk agtereenvo­lgende episodes van The Real Prime Suspect op CBS Justice (*170) op Sa. 29 en So. 30 Aug. vanaf 16:00.

 ??  ?? Jackie Malton (middel) kry hulp van haar oudkollega­s in die ondersoek na hul belangriks­te polisiesak­e.
Jackie Malton (middel) kry hulp van haar oudkollega­s in die ondersoek na hul belangriks­te polisiesak­e.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa