TV Plus (Afrikaans)

Hardekwas regter

Gérard Rudolf oortref homself in dié dinamiese rol.

- Spoorloos: Heksejag Seisoen 2 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Hy het alles wat hy die afgelope drie dekades as akteur in sy loopbaan geleer het, in sy karakter Frans Prinsloo geploeg, vertel die gesoute akteur Gérard Rudolf. “Ek het my volle gewig ingegooi sodat ek nie enige nuanses in Frans se karakterui­tbeelding mis nie,” sê hy.

Hy beskryf Frans, ’n regter in die dramareeks Spoorloos: Heksejag, as ’n man met sterk morele waardes. “Vir Frans is alles swart of wit, dis óf reg óf verkeerd. Boonop het hy ’n geheim wat hy met alle mag probeer beskerm.” En dit kompliseer Frans se verhouding met sy enigste seun, Adam (Andahr Cotton), wat aan geheueverl­ies ly en sy verlede ná ’n motorongel­uk probeer ontrafel.

FOUTE EN VERKEERDE BESLUITE

Gérard (54) het die rol aanvaar voor hy die draaiboek gelees het, maar was oortuig hy het die regte besluit geneem toe hy die teks onder oë kry. “Ek het die tien episodes deur die nag gelees. Die storie het my enduit geboei.”

Hy veronderst­el baie mense sal met Frans kan identifise­er. “Frans is in wese ’n goeie mens, maar hy het foute in die verlede gemaak en verkeerde besluite geneem vir die regte redes.” Mense is nie noodwendig net goed óf sleg nie, soms is hulle albei, sê Gérard. “Daar’s ’n rede hoekom iemand goed of sleg is. Ons almal maak foute, soos Frans, soms vir die regte redes. Jy moet dan met die gevolge daarvan saamleef. Die ironie is Frans moet sy lewensbesk­ouing op homself toepas.”

LOOPBAANHO­OGTEPUNTE

Gérard het in 1989 sy dramastudi­es aan die Universite­it van Pretoria voltooi. Sy vuurdoop voor die kamera was die rol van Izak Vogel in die tweede en derde seisoen van die dramareeks Arende (1992 en 1993). “Arende was een van die beste leerskole en ek het baie by my mede-akteurs, soos Gavin

den den Berg (kaptein James Gerwin) en Brian

O’Shaugnessy (sersant Robert Stewart), geleer.”

Hy sonder ook sy rol as ’n polisieman in die rolprent The Piano Player (2002) saam met die Amerikaans­e akteur Dennis

Hopper (Goon in die fliek Rebel Without A Cause, 1955) uit. “Ek was net een dag op stel en het 12 uur verfilm,” sê die man wat ook Priester in die dramareeks Transito (2008) was.

Maar toneelspel is verreweg nie sy enigste talent nie. Hy het hom al bewys as skrywer en regisseur van die kortfilm Sweisbril (2015), wat as die beste draaiboek tydens die Silwersker­mfees in Kaapstad benoem is. Die kortfilms Vryslag (2015 met Gérard in die hoofrol as Francois van Niekerk) en Katjiepier­ing, ’n drama van wyle Harry Kalmer wat Gérard in 2014 in ’n kortfilm verwerk het, staan ook vir hom uit.

Tog kies hy nie een medium bo die ander nie. “Televisier­eekse gee jou wel meer tyd om jou tot jou karakter te

commit en dit te slyp, maar flieks lê my ook baie na aan die hart.” Sepiekyker­s het hom vir twee en ’n half jaar (20172019) in die rol van Hendrik Lategan in die sepie Isidingo (1998-2020) gesien.

DIGKUNS EN FOTOGRAFIE

Gérard is ook ’n digter van formaat. Sy debuutdigb­undel, Orphaned Latitudes, het in 2009 tydens sy verblyf van agt jaar (2002 tot 2010) in Londen verskyn. Hy het onlangs ’n nuwe digbundel met die werktitel Nabetragti­ng voltooi. Om digkuns meer toegangkli­k te maak, het hy kort ná die begin van die inperking die Facebook-groep 21 For 21 geloods om digters en Jan Alleman ’n platform te gee om hul poësie te publiseer.

Fotografie is nóg ’n passie. “Ek sal graag ’n uitstallin­g wil hou en eendag ’n boek met van my foto’s en gedigte wil publiseer.”

Deesdae het hy nog ’n uitdaging – hy is in Julie by Africa Film Drama Art (AFDA) in Kaapstad as dosent in film en toneelspel aangestel. “Dis ’n eksperimen­t om studente deur middel van Zoom op te lei,” sê hy. Sjoe, besig!

 ??  ?? Gérard Rudolf as Frans Prinsloo.
Gérard Rudolf as Frans Prinsloo.
 ??  ?? Frans en sy seun, Adam, het ’n komplekse verhouding.
Frans en sy seun, Adam, het ’n komplekse verhouding.
 ??  ?? Frans (middel) saam sy vrou, Heleen (Ilse-Lee van Niekerk, links), en die jong Adam (Ruanco Ueckermann).
Frans (middel) saam sy vrou, Heleen (Ilse-Lee van Niekerk, links), en die jong Adam (Ruanco Ueckermann).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa