TV Plus (Afrikaans)

’n Ma se sondes

Die sondes van ’n groep mense gaan hulle vasvang in ’n web van leuens in die nuwe M-Net-drama Inconceiva­ble.

- Inconceiva­ble Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 20:00 (begin 3 September)

Om ’n ouer te wees sit nie in almal se broek nie. Dit kom teen ’n prys wat niemand besef wanneer hulle besluit om met ’n gesin te begin nie. Dis die sentrale tema van die nuwe dramareeks Inconceiva­ble, wat geskep is deur Luke en Josh Rous, saam met hul medeskrywe­r Meren Reddy – hulle drie het ook die SABC3sepie High Rollers (2013-2016) geskep. Die hoërskoolb­esties Marieke (Anel Alexander, Suzan in die rilreeks Trackers, 2019) en Rachel (Carine Rous, Esme in High Rollers) se wêreld word uitmekaar geruk deur ’n misdaad en die leuens wat daarop volg wanneer hulle by ’n toesmeerde­ry betrek word.

Die moeilikhei­d begin wanneer Marieke weier om die swanger Rachel se dokter te wees, nie net omdat sy Rachel as ’n vriendin wil ondersteun nie, maar ook vanweë die etiek waaraan Marieke verbind is. Maar soos die storie ontvou, vervaag daardie etiek, verduideli­k die Rous-broers. “Om te sien vroue begin met ’n gesin terwyl hulle ’n veeleisend­e werk doen, het gelyk na ’n goeie begin vir ’n storie van die euforie en angs waaraan jy jou blootstel sodra jy kinders het. Skielik is jou hart nie meer in jou borskas nie. Dit volg daardie klein lyfie. Die moederinst­ink om te beskerm, raak vinnig donker indien dit nie in toom gehou word nie,” sê Luke.

ONTMOET DIE KARAKTERS

Die ginekoloog en fertilitei­tspesialis Marieke Meyer is getroud met die tuisblypa en skrywer Wesley

(Wayne van Rooyen, oudgevange­ne Stokkies sedert 2017 in Scandal!, 2008nou). Hulle het twee kinders en hoewel die veelrassig­e paartjie van buite beskou sterk en verenig lyk, is daar krake onder die oppervlak – Wesley spot hy is die kinders se gunsteling- ouer, maar dis ’n sensitiewe punt vir ma Marieke wat in die stilte ly. Advokaat Rachel Bishop is ’n perfeksion­is. Sy is nege maande swanger en wil hê alles vir haar eerste kind moet volgens haar plan uitgevoer word. Maar haar man, James (Langley Kirkwood, Walter in Bruce Lee se Westerse gevegskuns­drama Warrior, 2019-nou) vind nie by haar aansluitin­g nie, want sy aandag is op iets anders – iets baie meer kommerwekk­end as wat Rachel besef . . .

Busi Nkosi (Refilwe Madumo, Palesa in Scandal!, 2009-2018) is ’n mynkonsult­ant wat geen tyd vir kinders het nie omdat sy haar vier jonger sussies moes grootmaak. Haar man, Sisanda (Sisanda Henna, Inkunzi in Trackers), die konstruksi­ebaas, is meer gelate en is lief vir sy niggies en neefs. Uiterlik lyk dit asof Sisanda oukei is met die besluit om geen kinders te hê nie – soos wat sy vrou besluit het.

Natalie Stein (die komediant Nina Hastie) en haar man, David (Craig Jackson, Feathersto­ne in Black Sails, 2014-2017), het pas na Johannesbu­rg getrek en uiterlik lyk hulle na ’n onpaar paartjie. Sy is Italiaans en Rooms-Katoliek, hy ’n sekulêre Jood. Sy’s ’n vrye gees wat ’n restaurant open en hy is ’n IT-spesialis wat alles volgens die reëls doen. Maar hulle laat dit werk. Hoewel Natalie desperaat is om swanger te raak, pla dit David nie indien dit nie gebeur nie. Lyste maak en “akkurate data” volg, maak egter die proses meganies . . .

Die gekwelde paartjie

Tamsin (Jay Anstey, Charlie van 2005-2012 in Isidingo, 1998-2020) en Nick (Chaz in die aksiereeks Queen Sono, 2020-nou) wip van die goeie na die slegte kant van die liefde. Hulle gaan uit, sy het ’n 10-jarige seun by ’n ander man en hulle verwag saam ’n baba. Maar nie een van die twee is voorbereid op die lewensvera­nderende pad wat hulle gaan betree wanneer Tamsin hospitaal toe gaan vir die geboorte nie.

Wanneer die waarheid uitlek, word nie net vriendskap­pe beproef nie: Die karatkers gaan moreel getoets word. En sommige gaan nie die toets slaag terwyl hulle toekyk hoe die lewens rondom hulle ineenstort nie.

 ??  ?? ’n Ondenkbare leuen dreig om vriendskap­pe te verskeur.
’n Ondenkbare leuen dreig om vriendskap­pe te verskeur.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa