TV Plus (Afrikaans)

Die prins van vermaak

Bennie Fourie oorheers die rolprentbe­dryf met sy talent in alle fasette van die kuns.

- Die Ware Naarheid

Seisoen 3 Maandae kykNET (*144) 20:30

Die 32-jarige Bennie Fourie is ’n man met vele talente. Hy pronk tans op TV as ’n korrespond­ent in die komedieree­ks Die Ware Naarheid (2018-nou), maar het jy geweet hy sit ook gemaklik in die regiestoel en is boonop ’n kranige draaiboeks­krywer?

Bennie hou daarvan om besig te bly. “Dis wanneer ek my beste werk lewer – wanneer daar min tyd en die druk groot is,” sê Bennie. Om stil te sit is iets wat hy al van kleins af net nie kan bemeester nie. Hy was as skoolseun in 2005 junior burgemeest­er van Pretoria, en tydens sy studenteja­re aan die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oom-kampus was hy in elke koshuiskom­mitee denkbaar – en toe sommer ook in 2011 primarius van die Hombrémans­koshuis.

Die Ware Naarheid is een van die projekte wat sy rooimiere nou hokslaan, maar op die agtergrond werk hy reeds aan nuwe projekte wat hom verder gaan vestig as die prins van vermaak.

KLAAR TUIS

Bennie was in seisoen 1 en 2 van Die Ware Naarheid op die agtergrond betrokke as die een wat die gehoor se litte los gekry het.

“Voor die pandemie is dit regstreeks voor ’n gehoor opgeneem, en ek sou

standup comedy doen en grappies vertel om hulle in ’n goeie bui te kry voor ‘aksie’ geroep word,” verduideli­k Bennie.

Met seisoen 3 vanjaar het die vervaardig­ers Bennie gevra of hy voor die kameras wil wees as ’n korrespond­ent. “Ek was reeds tuis in die produksie en het sonder om te twyfel ‘ja’ gesê,” vertel Bennie.

Die insetsel wat Bennie op Die Ware Naarheid behartig, is Die Man Op Straat. “Ek verteenwoo­rdig die man op straat in my korrespond­ensie en praat oor sake wat Jan Alleman raak.” Soos die onlangse skietery in Julie in die Centurion-kerk in Pretoria waarin Pieter van der West

huizen (broer van die oudSpringb­okrugbyspe­ler wyle Joost van der Westhuizen) twee rowers doodgeskie­t het waaroor

Bennie geklets het in episode 5 (dis op 3 Augustus uitgesaai).

DIE LIGTER KANT VAN DIE NUUS

Geweldige harde werk gaan in die beplanning van een episode van Die Ware Naarheid. “Die produksies­pan hou op ’n Dinsdag nadat ’n episode van Die Ware Naarheid uitgesaai is, ’n digitale vergaderin­g en dan brainstorm ons oor die volgende episode om dit so vars moontlik te hou. Om dít reg te kry, moet jy soveel nuusberigt­e lees as wat jy kan en dink hoe jy die ligter kant daarvan kan verwoord – en dis nie so maklik soos wat dit klink nie.”

Maar met Bennie se agtergrond in die improvisas­ie- groep Lagnes (20072012) en sy skryf- en regiewerk aan die komediefli­eks Vuil Wasgoed (2017), Ander Mens (2019) en die reeks Hotel (2016-nou), is Bennie al gekonfyt om humor in ernstige dinge raak te sien.

OP ’N PERSOONLIK­E NOOT

Bennie is passievol oor die vermaakbed­ryf. Maar iets wat hom ook baie na aan die hart lê, is sy familie. Bennie se pa, ds. Ben Fourie, is in Junie vanjaar oorlede aan ’n aneurisme van sy hart. “Dit was baie erg,” erken Bennie. “Hy was ’n ongeloofli­ke mens en altyd gereed om ’n grappie te vertel. My pa was ’n showman in sy hart, hy het nege instrument­e bespeel en ek mis hom elke dag.”

Bennie sien daarna uit om met sy eie gesin te begin, maar tans soek hy nog na die regte vrou. “Ek sal graag in ’n verhouding wil wees, al my sibbe is al getroud, en dis iets waarna ek ook smag. Maar net die tyd sal leer.”

Intussen woeker hy voort. “Ek en Schalk

Bezuidenho­ut (die aanbieder van Die Ware Naarheid) werk klaar aan ’n aanlyn-sketskomed­ie. En ek en my broers, Wilbrie en Reynold, werk ook aan ’n leefstylre­eks genaamd Die Broer Toer waar ons die land op motorfiets­e gaan platreis.”

As alles mooi uitwerk, sal die sketskomed­ie later vanjaar op die internet te sien wees en Die Broer Toer volgende jaar op kykNET.

Tyd vir stilsit is daar beslis nie – al sou hy dan ook wou!

 ??  ?? Die Fourie-broers van links: Wilbrie, Bennie en Reynold is saam in die loodsepiso­de van Die Broer Toer wat 10 Sept. om 21:00 op kykNET uitsaai.
Die Fourie-broers van links: Wilbrie, Bennie en Reynold is saam in die loodsepiso­de van Die Broer Toer wat 10 Sept. om 21:00 op kykNET uitsaai.
 ??  ?? Bennie (middel) saam sy ouers, Susan en Ben.
Bennie (middel) saam sy ouers, Susan en Ben.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa