TV Plus (Afrikaans)

Kos vir ’n koning

In sy soektog na smaakliker disse in seisoen 2 kuier Gordon Ramsay in Suid-Afrika met sy Uncharted-kookreeks.

- Gordon Ramsay: Uncharted

Seisoen 2 Woensdae National Geographic (*181) 21:00 (begin 26 Augustus)

Hy’s die gemeenste mens op aarde wanneer hy realiteits­kookprogra­mme, soos Hell’s Kitchen (2005-nou), beoordeel, maar Gordon Ramsay, die Britse sjef wat nou ’n realiteit-TV-ster is, is eintlik ’n gawe ou, sê die plaaslike sjef Zola Nene (Celeb Feasts With Zola, 2020). “Ons het hope pret gehad terwyl ons oor kos gepraat het. Ek het heeltemal vergeet hy is ’n wêreldbeke­nde sjef. Ons het oor familie en kos gesels en hy was lekker ontspanne.” Zola het Gordon laat verlede jaar na KwaZulu-Natal geneem toe hy seisoen 2 van sy leefstylko­okreeks Gordon Ramsay: Uncharted (2019-nou) verfilm het. En volgens Zola het sy en Gordon pret gehad met vir seekoeie wegkruip tot om vir ’n koninklike te kook. Sy het hom selfs daaraan herinner om hom te gedra wanneer hy die hoofman ontmoet.

VIS OF VLEIS?

Gordon het dalk iets geleer van barbe

cuing terwyl hy in Los Angeles (hy woon vir ses maande per jaar in Amerika terwyl hulle die realiteits­program MasterChef US, 2010-nou, verfilm) gewoon het, maar toe hy in Suid-Afrika was, het hy probeer braai. “Ek het hom ’n ordentlike les gegee,” spot Zola.

“Ek het hom aan ’n Zoeloehoof­man voorgestel. Ek is ’n trotse Zoeloevrou en was dus opgewonde om my kulturele erfenis en kookkuns met iemand soos Gordon te deel. Ons het ’n regte fees berei. Daar was gebraaide vis, ushatini (tamatie- en-uie-salsa), ujeqe (tradisione­le brood), chakalaka en pap en steak op die rooster.”

Zola laat Gordon die skubbe afkrap en die ingewande verwyder van die vis wat hulle in die rivier gevang het, en het gesê dit gaan ’n eenvoudige dis op die braairoost­er wees. “Die baie eenvoudige stamkookst­yl is opvallend.

Daar is meer klem op die vleis, nie eens olie nie,” sê Gordon. “Wat interessan­t is, volgens Zola, hulle (die Zoeloes) hou nie van hul vleis halfgaar nie. Ek wou aan die hoofman voorstel hy eet sy gereg mediumgaar.” Zola lag oor die gedagte en sê: “Niemand stel ooit enigiets aan die hoofman voor nie.”

TYD VIR REIS

Gordon gebruik nie net sy program om nuwe sjefs van oor die wêreld te ontmoet nie, dit gaan ook oor die leer van kulture en om nuwe kookstyle te proe. “Braai is groot pret,” sê Gordon. “Dis baie dieselfde as barbecuing, maar eenvoudige­r en geuriger.” Benewens visvang in riviere vol seekoeie, gaan die sjef ook met die haaie duik in Tasmanië (episode 2), deur moerasse ploeter saam met die VSA seesoldate in Louisiana (episode 3), ’n reusewater­buffel in Sumatra melk (episode 4) en deur miere gebyt word in Indië (episode 5). “Dis die opwindends­te kookervari­ng van my lewe,” voeg Gordon by. “Ek het so baie nuwe dinge geleer. En chakalaka is een van my gunsteling­e!”

KOOK SOOS ’N SJEF

In episode 1 leer Zola Gordon hoe om chakalaka te maak, ’n tradisione­le, gekruide pikanteboo­nsous. “Hy was dol daaroor,” sê Zola. “Hy het dit op sy eie geëet, op ’n bord kos wat ons gemaak het. Ek het nooit in my wildste drome gedink ek sou Gordon Ramsay leer hoe om te kook nie.” En jy kan dit ook tuis maak. Dís wat jy benodig om jou eie chakalaka te maak.

• 2 eetlepels olie

• 1 ui, in blokkies gesny

• ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny • ¼ geel soetrissie, in blokkies gesny • ¼ groen soetrissie, in blokkies gesny • 2 knoffelhui­sies, gekap

• 1 eetlepel gerasperde gemmer

• 1 eetlepel kerriepoei­er

• 2 wortels, gerasper

• 1 blikkie sousbone

• ½ koppie water

• sout en peper na smaak

METODE

1. Verhit die olie en soteer die ui, soetrissie­s, knoffel en gemmer tot sag en deurskynen­d.

2. Verlaag die hitte, voeg die kerrie

poeier by en soteer vir 1 minuut. 3. Voeg die wortels, sousbone en

water by. Meng goed.

4. Bedek en laat prut vir 5 minute, geur met sout en peper en sit saam met ’n vleisgereg voor.

 ??  ?? Sjef Zola Nene (links) kyk hoe Gordon Ramsay ’n visgereg vir die Zoeloekoni­ng berei.
Sjef Zola Nene (links) kyk hoe Gordon Ramsay ’n visgereg vir die Zoeloekoni­ng berei.
 ??  ?? Gordon gaan vang vis in ’n rivier vol seekoeie in KZN.
Gordon gaan vang vis in ’n rivier vol seekoeie in KZN.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa