TV Plus (Afrikaans)

Wikkel daai lyf

In The Greatest Dancer word die vlugvoetig­es geskei van dié wat net linkervoet­e het.

-

The Greatest Dancer

Seisoen1 Saterdae SABC3 (*193) 19:30 (begin 29 Augustus)

Simon Cowell (beoordelaa­r op byna elke denkbare talentsoek­program, soos Britain’s Got Talent, 2007-nou) het die gawe om nie net talentvoll­e mense raak te sien nie, maar ook om goeie programme te sien.

Met The Greatest Dancer (20192020) het hy ’n kompetisie­program geskep wat ’n mengsel is van The X-Factor UK (2004-nou) en The Voice (2011-nou), maar met dans pleks van sing. En anders as ander programme is dit toeganklik vir enigeen ter wêreld. “Ons het gedink: ‘Waarom, nie?’ Daar is so baie dansstyle in die wêreld, indien jy tot hier kan kom en optree, is die verhoog joune,” sê die 60-jarige Simon. Wat is op die spel? ’n Kontantpry­s van £50 000 (R1,15 miljoen) en ’n geleenthei­d om in die ikoniese Britse talentprog­ram Strictly Come Dancing (2004nou) op te tree.

WEN HUL GUNS

Die klem in The Greatest Dancer is op dans, daar is dus geen aansteller­ige aanmerking­s oor hoe die deelnemers nie die “x-faktor” of ’n sekere voorkoms het nie. “Dit vier dans in al sy vorme.

Jy gaan dus elke denkbare styl sien, van soliste tot groot dansgroepe, van profession­eel afgerigte kunstenaar­s tot amateurs,” verduideli­k die netwerk BBC, wat die program in vennootska­p met Simon se maatskappy, SYCOtv, vervaardig het.

Daar is ’n kinkel. Die oudisie word voor ’n eenrigting­spieël gedoen, die dansers sien dus nie die gehoor nie. En die mag is in die hande van die ateljeegeh­oor – indien hulle van ’n optrede hou, druk hulle hul knoppies en skakel hul sitpleklig­te aan. Jy moet 75% van hul stemme verwerf om vir die volgende ronde teruggeroe­p te word. Amper soos in die gladiatora­rena – as jy nie die mense vermaak nie, keur hulle jou af.

DIE KENNERS

Simon het beoordelaa­rs uitgesoek wat presies weet hoe ritme en dans bymekaar pas. Hulle word “kapteins” genoem en gaan die deelnemers en die program help.

Jy ken hulle almal.

Cheryl Tweedy was saam met Simon ’n beoordelaa­r in The X-Factor UK, maar voor dit was sy ’n popster met platinum-status en ’n danser van Girls Aloud, wat saamgestel is tydens Popstars: The Revival in 2002. “Ek is so opgewonde om deel te wees van The Greatest Dancer. Ek soek na optredes met ware passie, wat die grense gaan verskuif en alles insit ondanks al die uitdagings wat hulle ervaar. Uit eie ondervindi­ng weet ek watter toewyding dans vereis. Ek kan nie wag om te begin nie.”

Matthew Morrison (die onnie Will Schuester in Glee, 2009-2015) was op Broadway en gebruik sy vaardighed­e om opkomende talent te ontwikkel. Dié Amerikaans­e akteur onthou sy tyd as ’n danser en wens hy het ’n mentor gehad. “Dis so ’n kragtige oomblik. Dis wonderlik om te kan voortgaan om dans (en musiek) in mense se lewe te bring, soos in Glee.” En kaptein #3 is die SuidAfrika­ans gebore beroepsdan­ser van Strictly Come Dancing UK Oti Mabuse, wat ’n ander soort intensitei­t by die program sal voeg. “Ek soek na ’n danser wat emosie van die gehoor kan ontlok. Ek weet hoe dit voel as jou dans of choreograf­ie beoordeel en gekritisee­r word. Hulle moet vuur en vlam wees en alles insit, want dit is die geleenthei­d van jou lewe.”

UIT DIE VOETE GEMAAK

Die BBC het ná seisoen 2 in Maart die program gekanselle­er al het

3,2 miljoen kykers elke episode gekyk. Maar Simon was toe reeds weg – hy het glo in middel 2019 die regte vir £19 miljoen (R435 miljoen) verkoop en sy maatskappy, SYCOtv, het in April aangekondi­g hy ontwikkel The Magnificen­t Dancer in China.

 ??  ?? Simon Cowell (inlas) het die program geskep, maar was nie ’n beoordelaa­r of mentor nie. Daar is geen ouderdomsp­erk aan die talent nie – as jy kan dans, mag jy inskryf.
Simon Cowell (inlas) het die program geskep, maar was nie ’n beoordelaa­r of mentor nie. Daar is geen ouderdomsp­erk aan die talent nie – as jy kan dans, mag jy inskryf.
 ??  ?? Die oudisies word in ’n doelgeboud­e ateljee gehou, met die gehoor wat alles deur ’n eenrigting­spieël dophou.
Die oudisies word in ’n doelgeboud­e ateljee gehou, met die gehoor wat alles deur ’n eenrigting­spieël dophou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa