TV Plus (Afrikaans)

Leer weer liefhê

Ses dapper vroue wat hul manne gelos het, waag nóg ’n kans op die liefde in die plaaslike afspraakpr­ogram The Single Wives SA.

- The Single Wives SA

Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 19:00 (begin 3 September)

Om ná ’n egskeiding weer die kringloop van ongemaklik­e toe-oë-afsprake te betree en talle paddas te soen met die hoop dat een in ’n prins gaan verander, kan skrikwekke­nd wees. Maar ses geskeide vroue wat nie geluk met liefde kan vind nie, het hul vrese opsy geskuif en het afsprake weer ’n kans gegun in die nuwe realiteits­program The Single Wives SA. Dit is die plaaslike weergawe van die enkelseiso­en Australies­e reeks Single Wives (2018), en die aanbieder-afrigters

Justin Cohen en Mapaseka Mokwele gaan dié vroue hopelik na liefde lei.

Die vroue gaan vir ses weke saam woon waartydens hulle gaan deelneem aan aktiwiteit­e soos blitsafspr­ake, wat hulle nie net na die ware Jakob sal lei nie, maar ook hul eiewaarde laat ontdek. “The Single Wives SA is meer as net ’n afspraakpr­ogram. Dit gaan oor transforma­sie,” sê Justin, ’n motivering­spreker, skrywer van ’n selfhelpbo­ek en wat ook ’n kletsprogr­am,

Guru (2017), op CBNAfrica (*410) aangebied het. “Die klem is daarop om dié vroue te help om die beste weergawe van hulleself te word sodat hulle ’n gelukkige, doelgerigt­e lewe kan lei. Die ou is ’n bonus,” voeg Justin by.

TWEEDE KANSE

Elke week word die vroue gedwing om hul onsekerhed­e te erken, asook die waarheid oor hulleself wat hulle verhinder om liefde te vind. “Dié vroue is al lank uit die [afspraak-] kringloop.

Ons moedig hulle aan om na binne te kyk en te verstaan wat hulle in verhouding­s soek. Jy moet jouself liefhê en verstaan voor jy ’n verhouding aanknoop. Indien jy nie jouself liefhet nie, hoe kan jy verwag iemand anders moet jou liefhê?” verduideli­k Mapaseka.

Die program het ook ’n pretkant – die vroue gaan op romantiese etes, spaafsprak­e en staptogte. “Daar word baie gelag in The Single Wives SA en daar is talle oomblikke waar die vroue saamkom,” voeg die radio-omroeper Mapaseka by. Sy was van 2013-2016 ook aanbieder van die geselsprog­ram Motswako (2003-nou). “Mans en vroue kan met dié program vereenselw­ig. Dis vermaaklik en opvoedkund­ig en jy sal sien hoe dié vroue vriendskap­pe vorm.”

 ??  ?? The Single Wives is, van links, agter: Chantelle, Tori en Helen; voor: Nikki, Angel en Genevieve.
The Single Wives is, van links, agter: Chantelle, Tori en Helen; voor: Nikki, Angel en Genevieve.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa