TV Plus (Afrikaans)

Kyk wie is terug in die Laan!

Ná ’n afwesighei­d van sewe jaar maak ’n gunsteling­karakter weer haar opwagting in Hillside.

-

Met al die drama en trane deesdae in die sepie 7de Laan (2000-nou), is daar darem ook ’n lekker verrassing vir kykers. Die rooikop San-Mari van Graan (Amalia Uys) maak skielik haar opwagting in Hillside op Vrydag 21 Augustus. “Sy is hier vir ’n troue en besluit sommer om ’n kort vakansie van die geleenthei­d te maak en in te haal met haar vriende wat sy so lanklaas gesien het,” vertel Amalia.

GEBROKE HARTE

Die laaste keer toe ons San-Mari gesien het, was in 2013 toe sy smoorverli­ef geraak het op die geheimsinn­ige Pierre (Brian Robson). “Sy was regtig baie lief vir hom en het gedink hy is die regte man vir haar. Hulle het beplan om die wêreld vol te reis.”

Sy het haar werk bedank en haar tasse begin pak, maar soos die noodlot dit wou hê, was ware liefde nie vir haar beskore nie. “Sy het uitgevind Pierre is reeds getroud en het ’n gesin. Dit het haar hart in stukke gebreek. San-Mari het besluit om Hillside vaarwel toe te roep en alleen die wêreld vol te reis.”

KINKEL IN DIE KABEL

San-Mari se terugkeer is ’n groot verrassing vir haar beste vriende, Aggie (Mimi Mahlasela) en Marko (Francois Lensley). “Die drie kuier tog te lekker saam,” vertel Amalia. En natuurlik is daar ’n kinkel-storielyn ook. tvplus is die dood voor oë gesweer om nie die groot storielyn weg te gee nie, maar Amalia laat glip wel San-Mari gaan ’n paar mense lekker omkrap.

“Dit is ’n heerlike storielyn wat kykers se mond sal laat oophang,” waarborg Amalia. Psst, het ons genoem dit sluit dalk ’n romanse in?

IN EN UIT

Amalia dink kykers sal dit verwelkom om San-Mari weer te sien. “Dit is ’n kort storielyn en sy warrel net in en uit. Ek dink as San-Mari dalk ooit weer eendag na die Laan teruggaan, sal ek graag wil sien hoe sy met iets groters of diepers te doen kry. My groei as mens die afgelope sewe jaar ná 7de Laan is merkwaardi­g, en ek sal dit graag in die karakter ook wil sien.”

VERLEDE KEER

Gabby het dringend mediese hulp nodig gehad, Rickus was tevrede met sy besigheid se vordering, en Marko het onwetend vir Esti ’n idee gegee. Lana het terugvoeri­ng gekry oor die tweeling Eddie en Vee, Marvin se speurinsti­nk het ingeskop toe dinge nie sin maak nie, en Bonita het haar in ’n moeilike situasie bevind. Shawn was verras deur iemand uit die verlede, en Aggie het haar stem dik gemaak. Lana het die verkeerde afleidings gemaak, en Nikki was nie gelukkig met DeWet nie.

26 – 28 AUGUSTUS

Esti voel in ’n hoek vasgekeer, en Gabby en Khethiwe gee vir Aggie ’n blink idee en sy wil sommer nou aan die projek begin werk. Lana ondersteun Esti wanneer dinge te veel raak, en Esti neem ’n moeilike besluit. Justin bevind hom in ’n problemati­ese situasie en Vince staan hom by. Lesedi is geskok wanneer iemand haar vra om vuil te speel.

31 AUG. – 4 SEP.

Shawn verseker DeWet alles is oukei, Romeo kry ’n geheimsinn­ige brief, en Bonita is in die moeilikhei­d en Lesedi reik uit na haar. Ivy en Romeo stamp koppe, Esti bedank Rickus vir sy hulp met haar probleem, en Marko is uit die veld geslaan wanneer hy vir San-Mari in Hillside raakloop. ’n Brand woed in die plakkerska­mp, Romeo is oorgehaal om sy plan uit te voer, en DeWet is in die moeilikhei­d by Mariaan.

7 – 8 SEPTEMBER

Rickus is verbaas hoe goed sy oefenmaat is, en Martin en Tjattas voer ’n diep gesprek oor ’n netelige sakie.

 ??  ?? San-Mari bring haar vurige persoonlik­heid na die Laan.
San-Mari bring haar vurige persoonlik­heid na die Laan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa