TV Plus (Afrikaans)

Toneelstuk-drama

Dinge raak weer krapperig tussen die getroude paartjie Ronel en Thys.

-

Ronel (Melanie du Bois) wou nog altyd ’n aktrise word, maar haar ouers het haar gedwing om haar as ’n onderwyser­es te bekwaam. Maar die tyd het uiteindeli­k aangebreek vir Ronel om haar passie op die verhoog uit te leef wanneer ’n vriend van haar in die vermaakbed­ryf na haar uitreik en haar die geleenthei­d gee om haar eenvroustu­k, Doenitmal [wat sy in seisoen 1 (2018) geskryf het en by die Hoërskool Arendsvlei opgevoer het], by die Baxter-teater in Kaapstad op die planke te bring.

Thys (Sherman Pharo), Ronel se man, is verheug vir haar en bied aan om haar te help om voor te berei. Maar kort voor lank veroorsaak die toneelstuk probleme tussen man en vrou wat verreikend­e gevolge gaan hê.

GEGROND OP DIE WAARHEID

Doenitmal is losweg gegrond op Ronel se ervaring met haar seun,

Lee-Roy (Roberto Kyle), wat aan leukemie gely het. “In die toneelstuk lig Ronel die struikelbl­okke uit waardeur sy gegaan het omdat sy bang was haar kind sou sterf,” verduideli­k Melanie.

Destyds (in seisoen 1) het Thys Ronel ook met die toneelstuk gehelp en ’n liedjie gesing wat op die titel gegrond is. Dié keer gaan hy dit weer doen, tot

Thys en Ronel besef hulle voel nie – soos hulle aanvanklik gedink het – dieselfde oor die toneelstuk en die implikasie­s wat dit vir hulle gaan hê nie. “Ek kan nie te veel daaroor sê nie, buiten om te sê Ronel sien dit as ’n geleenthei­d om haar droom om ’n aktrise te word te bewaarheid, terwyl Thys dink dit is net wat dit is: ’n Geleenthei­d en niks meer nie,” verklap Melanie.

SPANNING ONTWIKKEL

Omdat Ronel en Thys verskillen­de menings oor die toneelstuk het, ontwikkel spanning tussen die paartjie. Dinge raak ook erger wanneer iemand opdaag – kyk self om te sien wie dit is, ons mond is gesnoer – en hulp aanbied om die toneelstuk meer oemf te gee. “Die persoon steek Thys dwars in die krop en hy hou nie van die veranderin­ge aan die toneelstuk wat voorgestel word nie,” sê Sherman. Maar Ronel is in haar element met die nuwe weergawe – wat tot meer stryery tussen die getroudes lei.

VERLEDE KEER

Steve en Wendy se geheime verhouding het ernstiger geraak, Ronel en Thys het hul toekomspla­nne en die moontlikhe­id van nóg kinders bespreek, en Petra het Janice se hulp met Zane gevra. Die Hoërskool Arendsvlei het sy 7de verjaardag gevier, en Woelag het seker gemaak Wendy betaal vir haar geheime.

26 AUGUSTUS

Wendy en Steve wil vir Woelag wys wie is baas, maar Woelag het sy eie planne. Claudia kry ’n brief met skokkende nuus van Vernon, en Kim kry ’n geheimsinn­ige oproep.

31 AUG. – 2 SEP.

Wendy doen ’n aankondigi­ng wat Steve baie opgewonde maak, Kim verras Beatrice met haar skielike besluit, en Steve gee aan Wendy ’n geskenk wat sy nie kan weerstaan nie. Janice voel skuldig oor sy die waarheid van Zane se ma weerhou het en maak ’n voorstel oor sy toekoms aan Beatrice, Steve vertel Debra hy het groot planne met Wendy, en almal is gereed vir die rooftog.

7 – 8 SEPTEMBER

Ronel en Thys besef hulle voel nie dieselfde oor die skool se toneelstuk nie, Wendy wys aan Pieter ’n kant van haar wat hy nog nooit gesien het nie, en Hein en Yvette probeer hul kinders help om van hul stres ontslae te raak. Wendy en Steve beplan ’n riskante veranderin­g aan hul span vir die rooftog, en die spanning tussen Ronel en Thys bereik breekpunt.

 ??  ?? Ronel en Thys (inlas) voel nie eenders oor Ronel se toneelstuk nie.
Ronel en Thys (inlas) voel nie eenders oor Ronel se toneelstuk nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa