TV Plus (Afrikaans)

Die waarheid moet uit

Okkie sukkel met posttrauma­tiese stres en Sergio soek steeds na antwoorde.

-

Dr. Sergio (Emmanuel Castis), wat vroeër in Augustus sy verskyning in Pretoria gemaak het met die doel om uit te vind wie sy ma (nie op die skerm nie) jare gelede in Angola tydens die grensoorlo­g vermoor het, se soeke na antwoorde duur voort.

Hy maak uiteindeli­k ’n klein deurbraak deur oop kaarte met Okkie (Ben Kruger) te speel oor wie hy werklik is en die herontmoet­ing tussen die twee is roerend emosioneel. “Okkie was destyds een van die soldate wat Sergio en sy ma gered het tydens die oorlog toe hul lewe bedreig is,” sê Emmanuel.

Sergio het nog al die jare net Okkie se naam onthou en het hom kom opsoek nadat hy gehoor het sy ma se lyk is in ’n vlak graf in Angola gevind. Hy vermoed Okkie het iets daarmee te doen gehad, en hy gaan nie rus voor hy die waarheid uitgevind het nie.

En noudat Sergio weer in Okkie se lewe is, onthou Okkie traumaties­e gebeure wat hy diep weggebêre het, sê Ben. “Okkie dra baie seer in hom van daardie tyd omdat hy ’n siviele konvooi opgeblaas het,” vertel Ben.

Sergio en Okkie se families weet niks hiervan nie, maar dis dalk net ’n kwessie van tyd voor alles uitkom.

KAN EK JOU VERTROU?

Okkie en Sergio is onseker of hulle mekaar kan vertrou omdat hulle nie seker is presies wat die ander van die oorlog en die gebeure daar onthou nie. “Sergio het dalk vir Okkie vertel wie hy is, maar hy het nie alles vir hom vertel nie. Veral nie dat Sergio dink Okkie het miskien sy ma vermoor en dat diamante wat destyds in sy gesin se besit was, vermis geraak het nie,” verklap Emmanuel. Dus is Sergio se nuwe missie om in Okkie se finansies te krap om te sien of hy iewers deur die jare die diamante gebruik het om vir sy huis of selfs sy koffiewink­el, Tonik, by die Binneland-kliniek te betaal.

MOENIE KRAP NIE

Herinnerin­ge aan die oorlog treiter nou deurgaans vir Okkie en hy is skoon ontsteld wanneer sy vrou,

Ilse (Hannelie Warren), die idee kry om Okkie en Sergio se storie in ’n boek te omskep. “Okkie is glad nie ingenome met die idee nie. Ilse krap waar dit nie jeuk nie. Sy weet nie van die groot skuld wat Okkie dra oor die opblaas van di die konvooi nie, en as dit moet u uitkom, kan dit ernstige gevolg ge hê,” sê Ben.

Tussendeur al die drama is d daar wel ’n ligpunt: Sergio en dr dr. Maya (Kara du Toit) se vriendskap blyk in iets meer te ontwikkel. Maya be besluit om Sergio by sy woonstel met ’n romantiese ete te verras. Maar Sergio is nie daar wanneer sy opdaag nie. En dan sien Maya Sergio se aansteekbo­rd vol koerantuit­knipsels en inligting oor Okkie en die oorlog wat die alarmklokk­e in haar kop laat lui . . .

IN TWEE GESKEUR

Maya wonder of sy Okkie moet vertel wat sy in Sergio se woonstel gesien het, en Okkie is net so in twee geskeur oor of hy by Ilse moet bieg oor die konvooiont­ploffing. Uiteindeli­k is dit Maya wat eerste praat en Okkie inlig oor Sergio se bord – wat Okkie dadelik agterdogit­ig maak oor Sergio. “Buiten dat dit moeilik is vir Okkie om oor sy tyd in die oorlog te praat, maak die onthulling Okkie ongemaklik. ’n Rukkie gelede het Okkie se oorlogsvri­end, De Klerk (Anton Dekker), Okkie gewaarsku om Sergio nie te vertrou nie, en nou lyk dit asof De Klerk reg was.” Maar dalk het De Klerk sy eie motiewe om agterdog te saai? Meer mag ons nie sê nie, maar dis duidelik De Klerk wil nie hê Okkie óf Sergio moet die waarheid oor die opblaas van die konvooi, die dood van Sergio se ma en die diamante uitvind nie.

’N KONFRONTAS­IE

Okkie konfrontee­r Sergio oor wat

Maya gesien het en dit lei tot ’n hewige bakleiery. Later probeer Sergio weer uitreik na Okkie, maar Ilse vertel hom Okkie is nie beskikbaar nie en dat sy ou oorlogsvri­end De Klerk by hom was. “Dié brokkie inligting prikkel Sergio,” sê Emmanuel. “Hy onthou daar was nóg ’n soldaat destyds saam met Okkie in Angola wat hulle gered het, maar hy kon nie die man se naam onthou nie.”

En met dié onthulling gaan soek Sergio na De Klerk. En wanneer hy hom opspoor, gaan die koeëls klap!

 ??  ?? Okkie en Sergio (inlas) het ’n emosionele ontmoeting.
Okkie en Sergio (inlas) het ’n emosionele ontmoeting.
 ??  ?? Sergio (links) en Maya se vriendskap raak ernstiger.
Sergio (links) en Maya se vriendskap raak ernstiger.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa