TV Plus (Afrikaans)

Van verskillen­de wêrelde

Conrad begin Tracy in ’n ander lig sien – en dit laat Delia se naels laat uitkom.

-

Daar is beslis iets aan die broei tussen dr. Conrad

(Hykie Berg) en Tracy

(Melinda Brink), dr. Hugo

(Cobus Rossouw jr.) se sekretares­se. Die twee werk hard aan die die reëlings vir ’n onthaal om Conrad se suster, Elana (Ilne Nienaber), se lasernavor­sing te vier, en is dus konstant in mekaar se geselskap.

“Tracy is vir Conrad ’n uitdaging omdat sy nie op haar mond geval is nie,” sê Melinda. “Sy vra vrae wat Conrad onkant vang, maar ook nuuskierig maak.” Sy prikkel hom genoeg om haar te vra om sy metgesel na die onthaal te wees.

DELIA IS ’N OORLAS

Delia (Odelle de Wet), Conrad se eks, het onlangs weer haar verskyning in

Pretoria gemaak en sy is vasberade om met Conrad te versoen. “Tracy het nie veel ooghare vir Delia nie,” sê Melinda. “Delia ignoreer haar elke keer wanneer sy by die Binnelandk­liniek opdaag om met Conrad te gesels.”

Tracy let dit op en sê vir Conrad – waar Delia dit kan hoor – Delia maak ’n oorlas van haarself. Dit vuur Delia se vyandige houding aan en sy besluit om Tracy nóg noukeurige­r dop te hou.

ETE BY AMORET

Delia probeer skoor soek met Tracy en haar intimideer, maar Conrad laat Delia verstaan sy sal Tracy nie in die verleenthe­id stel nie. Om vir Delia se aanval te vergoed, nooi Conrad Tracy na Amoret vir ete. “Tracy wys dit aanvanklik van die hand, maar Conrad skerm vinnig dat hulle verder oor die onthaal sal gesels, wat Tracy laat instem,” sê Melinda.

DIE UITNODIGIN­G

Ná die ete raak Conrad al hoe meer geïnteress­eerd in Tracy en vra haar om saam met hom na die onthaal te gaan. En hy dring daarop aan om vir haar ’n rok vir die geleenthei­d te koop. “Die uitnodigin­g laat Tracy goed voel. En dit laat haar ook meer in Conrad belang stel.”

Toe Tracy by die onthaal in ’n lieflike rok by die trappe afstap, slaan sy Conrad en al die mans se asem weg. Annelize (Cindy Swanepoel), wat tot onlangs met Conrad se pa,

At (Hans Strydom), getroud was, sien dit raak. Sy is nog bitter oor die egskeiding en laat Tracy verstaan sy sal nooit goed genoeg vir Conrad wees nie!

VERLEDE KEER

Annelize was ’n tiran met die Binneland-kliniek se personeel omdat haar huwelik met At verbrokkel het, Elana en Steve het hul huis vir Elana se oorlede suster se kinders oopgemaak, en Sergio het meer oor sy ma se dood en Okkie se moontlike betrokkenh­eid daarby probeer uitvind.

26 – 28 AUGUSTUS

Conrad dring daarop aan om vir Tracy ’n geskenk te koop, en Danny waarsku Tertius teen Sergio. Conrad het probleme met die vrouens in sy lewe, Sergio word genooi vir ete, en vermoedens en gebeurteni­sse vertel nie dieselfde storie nie. Steve maak ’n deurbraak met Ruan, Maya besluit om oop kaarte met Tertius en Okkie te speel, en Danny praat sonder om te dink met Chanel oor ’n sensitiewe saak.

31 AUG. – 4 SEP.

Steve spreek Elana aan oor haar gedrag,

Chanel vertel Naomi van haar vrese, en Maya se verhouding is in die weegskaal. Elana se woorde laat Ruan se angs toeneem, Ilse konfrontee­r Sergio, en Danny en Chanel moet eerlik met mekaar wees oor wat hulle oor hul verhouding dink. Antwoorde staan tussen De Klerk en sy vryheid, Steve gee Danny sy mening oor Danny se oplossing, Okkie vra Maya se hulp, en Louis word bewus van die uitwerking van Chanel se dilemma op Naomi.

7 – 8 SEPTEMBER

Maya wil nie vir Sergio verloor nie, Elana word bewus gemaak van wat die kinders dink, en At en Annelize se hofdatum kruip nader. Tertius besef Annelize het planne met At, en Steve oefen druk op Conrad uit oor Fairgate.

 ??  ?? Conrad (inlas) is stomgeslaa­n wanneer hy sien hoe pragtig Tracy by die geleenthei­d lyk.
Conrad (inlas) is stomgeslaa­n wanneer hy sien hoe pragtig Tracy by die geleenthei­d lyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa