TV Plus (Afrikaans)

Vroulief het baie hooi op haar vurk

Candice probeer haar werksdruk en huwelik balanseer.

-

Liam Willemse (David Johnson) se vroulief, Candice (Claudia Jones), het nou maar eenmaal ’n willetjie van haar eie en is soms net té ambisieus. Wanneer haar verhoogpro­duksie In Die Krake goedgekeur word om as ’n TV-reeks verfilm te word, neem sy die leisels as produksieb­estuurder en vervaardig­er oor. Maar sy het ook steeds haar werk as kelnerin by die kuierplek Potties, en wanneer Pottie (Christo Compion) haar die pos as bestuurder aanbied, aanvaar sy dit gretig.

Maar Candice se twee veeleisend­e werke laat nie veel ruimte vir gehaltetyd saam met haar wederhelf, Liam, nie. En iewers gaan iets in die proses lelik begin skade ly.

GEEN SKULDGEVOE­LENS

Claudia skud net haar kop oor die eiesinnige Candice. “Candice is van kleins af al so doelgerig en dit is as kind by haar ingedril. Sy kan nie maklik ‘nee’ sê nie. Maar in die werklikhei­d verloop dinge nie altyd so goed nie, en dit kan maklik op ’n ramp afstuur,” sê sy. Sy simpatisee­r wel met Candice: “Die sitkom In Die Krake is haar groot droom en eintlik is dit haar eie lewensverh­aal. Dit gaan oor die perspektie­f van bruin mense in Suid-Afrika,” verduideli­k sy. “Nadat haar vriendin en vennoot Anna (Kate Roothman) begin Augustus gegroet het om die Camino te gaan stap, rus alles nou op Candice se skouers,” sê sy. “Dit was glad nie goeie tydsbereke­ning van Anna om nou weg te gaan nie, maar Candice gun haar ook haar drome.”

Wat Candice se jong huwelik betref, koester sy geen skuldgevoe­lens omdat sy nou minder tyd saam met Liam deurbring nie. “Sy voel Liam het mos geweet hy trou met ’n vrou wat loopbaange­rig en passievol is, en hy het haar nog altyd ten volle in alles ondersteun. En uiteraard is hulle mos ook in ’n huweliksve­nnootskap en sy brand die kers nou aan twee kante vir hul albei se onthalwe.” Maar die saggeaarde Liam se geduld kan dalk een of ander tyd begin opraak.

PRIVAATHEI­D EN ALLEENTYD

David sê Liam is een van die geduldigst­e ouens onder die son. “Hy laat Candice maar begaan en sal alles in sy vermoë doen om haar te help om haar ideale te verwesenli­k. Maar hy begin nou geïrriteer­d raak oor ’n hele paar dingetjies,” sê hy.

Die Willemse se woonstel is een van die plekke waar In Die Krake verfilm word en dit beteken hul privaathei­d word nou ingeboet. “Wanneer Liam saans ná ’n harde oefensessi­e of wedstryd tuis kom, sien hy net nie kans vir ’n klomp vreemdelin­ge in sy huis en al die kabels en kameras waaroor hy val nie. Hy wil dan ontspan, rustig agteroor sit, ’n bier drink en met Candice gesels. Maar dan moet Candice baiekeer in die aand by Potties werk en hul gehaltetyd alleen word nou beperk,” sê hy. En wanneer Candice saans laat ná haar skof in Potties uiteindeli­k tuiskom, is sy heeltemal uitgeput en wil net slaap.

DIE TOETS

David en Claudia is dit eens die Willemses se huwelik word op alle vlakke beproef. “Candice sal beslis haar tyd beter moet bestuur en meer moeite moet doen om nie haar man af te skeep nie,” gee Claudia raad. “Die spreekwoor­d sê dis die klein jakkalsies wat soms die wingerde verniel,” voeg David by.

Dis nie net Liam se geduld wat tot die uiterste beproef word nie, Pottie haal Candice ook oor die kole omdat sy nie haar volle gewig by Potties ingooi nie. En dis seker net ’n kwessie van tyd voor Candice onder al die werksdruk gaan begin swig . . .

 ??  ?? Candice (links) en Liam kry min alleentyd.
Candice (links) en Liam kry min alleentyd.
 ??  ?? Candice se werksdruk put haar uit.
Candice se werksdruk put haar uit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa