TV Plus (Afrikaans)

Kreatiewe entreprene­ur

Ryno ontpop as ’n knap sakeman op die kantlyn.

-

Rugbyspele­rs het soms verborge talente ver verwyder van die rugbyveld, maar woeker nie altyd daarmee nie. Die Stryder Ryno (Adrian Steyn) het ook ander gawes as skrum, skop en naelloop en besluit om ’n eksklusiew­e klerereeks vir mans as byverdiens­te bekend te stel. En groentjie of te nie, Ryno se skeppingsv­ermoë en inisiatief werp vrugte af en hy oorreed selfs sy mede-Sryders om modelle tydens die bekendstel­ling te wees.

BLINK IDEE ONTKIEM

Adrian vertel die saadjie vir Ryno se sakeplan is gesaai toe sy spanmaat Buks (Adriaan Marais), wat stewig en fris gebou is, eendag in die kleedkamer sy lot bekla het dat hy sukkel om byderwetse klere vir sy grootte te kry. “Ryno het toe dadelik gedink daar’s ’n mark vir stylvolle, informele klere waarin sportmanne kan oefen, maar ook ’n bier gaan drink,” sê Adrian. Toe Ryno se wederhelf,

Thinus (Arno Marais), in Julie by die welsynsorg­anisasie Mandela Day Global Network betrokke was, het die saadjie ontkiem. “Ryno wou ook by liefdadigh­eid betrokke raak en het gedink indien hy sy eie klerereeks het, kan ’n persentasi­e van die verkope aan hierdie welsynsorg­anisasie geskenk word,” sê Adrian.

BEROEPSONT­WERPER

Ryno het wel ’n sakebrein, maar is glad nie ’n ontwerper nie en daarom het hy ’n bekende ontwerper,

Anton Brink (Tiaan Kelderman, Tiaan in die 2014-fliek Suurlemoen!) se hulp ingeroep. “Anton het ’n goeie oog vir modes en die twee snoer hul talente goed saam en is ’n wenspan,” vertel hy.

Maar Thinus was effens agterdogti­g omdat Ryno en die vreemde man so nou saamwerk en het subtiel uitgevra of Anton nie dalk gay is nie. “Ryno het Thinus gerusgeste­l en gesê Anton stel glad nie in mans belang nie,” sê Adrian. Thinus, ’n prokureur, ondersteun Ryno ten volle met sy nuwe klerereeks, The Greek God Range. “Hy help Ryno om al die nodige kontrakte met die ontwerper en verskaffer­s op te stel sodat Ryno nie dalk iewers ingeloop word nie.”

Die Stryders is beïndruk met Ryno se nuwe ondernemin­g by die bekendstel­lingsaand, waar die rugbyspele­rs selfs tydens ’n modeparade hul sexy lywe as modelle vir Ryno se reeks vertoon.

Hoewel Ryno aanvanklik sy klerereeks as ’n beperkte reeks wou loods, word hy uitgeboul deur al die belangstel­ling en wil die reeks verder uitbrei. “Die klerereeks is goeie afleiding, maar rugby bly Ryno se eerste passie,” sê hy.

VERLEDE KEER

Almal het die gawe Nesie ontmoet, Kristien het haar hart begin verloor en Magda en Maryke se mediese studie het skokgolwe veroorsaak.

26 – 28 AUGUSTUS

Maryke is geskok wanneer sy die waarheid oor haar ma uitvind, iemand agtervolg Jordan, en ’n artikel verneder Amanda. Candice het te veel hooi op haar vurk en probeer kophou met twee werke, Koekie en Festus ontdek Magda se geheim, en Candice is oorweldig ná die eerste dag se verfilming.

31 AUG. – 4 SEP.

Nesie maak gereed om haar staal vir die pompons te wys, In Die Krake neem die Willemses se hele huishoudin­g oor, en Amanda loop onder die publiek se skerp tong deur oor haar ouderdom. Kristien ontdek Bibi se geheim, Nesie se video verskyn op die sosiale media, en Ryno stel sy klerereeks bekend. Maryke konfrontee­r haar pa, Blitz beplan ’n groot verrassing, en ’n ongenooide familielid daag by Candice en Liam op. Maryke dra belangrike nuus aan Julia oor, en die pompons kry ’n nuwe danser. Nesie woon haar eerste dansoefeni­ng by, en Koekie en Festus is bang Maryke skop hulle uit.

7 – 8 SEPTEMBER

Candice se ma werk op haar senuwees, Maryke se skuldgevoe­lens dwing haar tot aksie, en Buks het sy oog op ’n pompon en probeer haar hart wen. Ryno het ’n skuldige gewete, en Magda besef Koekie voel bedreig deur haar.

 ??  ?? Ryno se klerereeks word bekendgest­el.
Ryno se klerereeks word bekendgest­el.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa