TV Plus (Afrikaans)

Van kelnerin tot skoonmaker

Joy se lewe is in skerwe, maar sy is vasberade om op haar eie bene te staan.

-

Joy (Monique Rockman) het die brug tussen haar en Nazeem (Irvine van der Merwe) verbrand. Hul vennootska­p om ’n ontkleeklu­b oop te maak, is verby nadat Joy besef het Nazeem gaan haar nie toelaat om dit op haar manier te bestuur nie – en toe steel sy geld by hom. Nazeem het dit uitgevind en haar behoorlik laat boet: Hy het haar uit haar woonstel, waarvoor hy betaal het, geskop en nou sit Joy sonder geld of ’n dak oor haar kop. Maar sy gaan nie so maklik lê nie.

OP ’N DONKER PLEK

Bianca (Simone Biscombe), bestuurder van die OosWes-restaurant, ontferm haar oor Joy nadat sy hoor wat tussen haar en Nazeem skeefgeloo­p het, en gee Joy werk as kelnerin by OosWes. “Dit laat Joy goed voel dat iemand nog vir haar omgee, maar sy is steeds op ’n donker plek,” sê Monique. En omdat sy nie vinnig genoeg geld by Oos-Wes maak vir lewenskost­e nie, begin sy weer steel – hierdie keer by Oos-Wes.

’N SLEGTE HOUDING

“Joy steel brood, tamaties en kaas, want sy het nie kos nie. Maar ongelukkig sien

Justin (Eden Classens), haar kollega, dit raak,” sê Monique. Aanvanklik wroeg Justin of hy Bianca daarvan moet vertel, maar kort voor lank is Joy in ’n bekgeveg met ’n klant in Oos-Wes nadat sy die bestelling verkeerd gekry het. “Justin besluit hy moet liefs met Bianca praat oor Joy, want haar houding kan Oos-Wes skade berokken,” vertel Monique. En wanneer

Bridgette (Denise Newman) mede-eienaar van die restaurant van Joy se streke hoor, steek sy haar summier in die pad en Joy voel sy het weer als verloor.

’N KONFRONTAS­IE

Bianca probeer tot Bridgette deurdring en Joy se situasie aan haar verduideli­k, maar Bridgette wil niks hoor van vergewe en vergeet nie. Joy is woedend vir Bridgette, want sy voel die afdanking was persoonlik omdat Bridgette nooit ooghare vir haar gehad het nie. “Sy konfrontee­r Bridgette, maar Bridgette is reg vir haar en dreig om haar die Suidooster-sentrum (die eiendom van Bridgette se familie) te belet,” sê Monique.

’N VERNEDERIN­G

Platgeslaa­n, sonder enige opsies en met ’n honger maag, kruip Joy later terug na Bridgette en smeek haar vir werk. Bridgette kry lekker en besluit om Joy te verneder deur haar as skoonmaker by die Suidooster-sentrum aan te stel. “Joy is gebroke,” erken Monique. “Maar sy het nie ’n ander keuse as om die werk te aanvaar nie, al is dit hoe vernederen­d.”

Nie lank daarna nie, beleef Joy nóg ’n terugslag. En dié keer weet ons nie of sy weer gaan opstaan nie.

VERLEDE KEER

Zoe wou van Tim skei om weer saam met haar eerste liefde, Wade, te wees, maar alles het verkeerd geloop. Nazeem het Joy uitgevang toe sy geld van hom steel, Imraan en Kaashifa het gewroeg oor hul geheim, en Rabia het AB om hulp genader.

26 – 28 AUGUSTUS

Die konflik tussen Imraan en Kaashifa bereik kookpunt, Joy beland in die moeilikhei­d, en Ty nader potensiële beleggers vir ’n projek. Dit lyk of Bridgette en Chris se geheime plan gaan werk, Imraan probeer sin maak uit sy gevoelens vir Kaashifa, en Lee-Ann is gespanne oor haar verskyning op ’n gewilde televisiep­rogram. Imraan weet wat hy moet doen om dinge reg te stel met Kaashifa, en Bridgette wag angstig op nuus van Chris.

31 AUG. – 4 SEP.

Mymoena vind uiteindeli­k uit waarmee AB besig is en konfrontee­r hom, Ty probeer die motor wat hy herstel, se eienaar opspoor, en Lee-Ann probeer aan Nazeem verduideli­k hoekom hul suster hom so stief behandel. Bianca doen haar bes om Joy te ondersteun, Ty neem ’n besluit oor die geld wat hulle gekry het, en Nazeem raak agterdogti­g en konfrontee­r sy broer, AB, oor sy vreemde gedrag. AB staan voor ’n moeilike besluit, Joy se nuwe werk beproef haar, en Justin en Wade steek albei iets weg.

7 – 8 SEPTEMBER

Bianca probeer ’n vriendskap met Joy smee, AB se liefdeslew­e is ’n gemors, en Ty en die jong manne se geldgierig­heid kry die oorhand.

 ??  ?? Nazeem (links) is nie ingenome met Joy wat by Oos-Wes werk nie.
Nazeem (links) is nie ingenome met Joy wat by Oos-Wes werk nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa