TV Plus (Afrikaans)

’n Dekadente affêre

Quinne Brown Huffman en Bianca le Grange laat hul stemme hoor in die nuwe telenovell­e.

-

Ons kry gereeld navrae van lesers wat graag wil weet wie die Suid-Afrikaanse stemme agter oorgeklank­te telenovell­es is, soos Gebroke Harte (2018-nou, weekdae 19:00 op eExtra, *195). Ongelukkig is daar streng beperkings van uitsaaiers wat die bemarking van die telenovell­es betref. Byvoorbeel­d, kykNET teken kontrakte met akteurs wat vir hulle werk, soos iemand in Suidooster (2015nou), wat ander kanale verhinder om die betrokke akteur te gebruik in enige reklame van reekse op ’n ander kanaal. eExtra kan dus nie spog dat ’n bekende wat in Suidooster speel, een van die stemme in Gebroke Harte verskaf nie (en ons mag nie daaroor skryf nie).

Dis uiteraard ’n groot frustrasie omdat ons net so graag sulke stories wou doen. Maar gelukkig geld dié reëls nie vir die nuwe Spaanse telenovell­e Die Presidents­vrou, of oorspronkl­ik getiteld Primera Dama, wat op Via begin nie! Hier is dus meer oor die akteurs wat hul stemme aan die oorsese karakters leen.

KAN NIE GENOEG KRY NIE

“Telenovell­es “Telen is soos luukse sjokolade wat jy eet,” sê die aktrise

Quinne Quinn Brown Huffman

(Connie (Conn van 2000-2006 en weer van 2016-nou in 7de Laan, 2000-nou, lees meer op bl. 22). “Jy ka kan nie genoeg daarvan kry nie.” En dis presies pr wat met Die Presidents­vrou gaan gebeur: Die drama, skandale en intrige intrig gaan die nuuskierig­heid prikkel en jy gaan eenvoudig jouself nie kan keer kee om elkeen van die 95 episodes in die eerste seisoen te kyk nie.

Quinne Q se karakter is die protagonis Ana Milena San Juan, ’n politikus se vrou v wat sielsongel­ukkig is. “Sy het alles alle prysgegee toe sy getrou en ma geword gew het. Nou smag sy na onafhankli­kheid han en die kans om haar studie in argitektuu­r te voltooi,” sê Quinne. Qu “Ana is nie ingenome met haar ha man se politieke ambisie nie en sou verkies dat hy dit laat vaar en e meer tyd saam met haar en sy kinders k deurbring.” Die sangeres Bianca

lele GGrange, wat in 2002 vier vierde was in die eerste seiso seisoen van Idols SA (2002 (2002-nou), verleen haar stem aan die reeks se die antagonis en hoofkarakt­er Palom Paloma Samudio. Paloma (29) is keelvol vir ha haar armsalige bestaan op ’n klein visser vissersdor­pie in Colombia. Wanneer sy haar w werk as kelnerin verloor, pak sy haar tasse en vertrek na die hoofstad Bogotá om ’n nuwe toekoms vir haarself te bou en haar droom om die presidents­vrou te wees, te bewaarheid. Status en mag is vir Paloma alles, en sy gaan vuil speel en manipuleer om dit te kry. Dus wurm sy haarself in Ana Milena se lewe in en word haar assistent met die doel om nader aan Ana se man te kom en hom te verlei.

ONTMOET DIE SPELERS

Hier is ander bekendes wie se stem ook in die reeks te hoor gaan word:

Drikus Volschenk (Mnr. Cloete in 2017 in Hotel, 2016nou) is Leonardo Santander,

’n politikus en Ana Milena se man wat die groot ambisie het om die president van Colom

bia te word. Leonardo het nie ’n goeie verhouding met sy gesin nie omdat hy net op sy werk konsentree­r, en dit lyk asof sy vrou, Ana Milena, hom met ’n veel jonger man verneuk– of is dit oëverblind­ery?

Gustav Gerdener (Dolf Rossouw van 2016-2017 in Getroud Met Rugby: Die Sepie, 2016nou) is Mariano Zamora, ’n talentvoll­e teaterregi­sseur wat uiteindeli­k sy eerste musiekblys­pel op die planke bring. Paloma vang sy oog wanneer sy in Bogotá aankom en kort voor lank raak hy dolverlief op haar. Paloma word sy groot swakheid en kan sy hart breek.

Ruan Wessels (Morné in 2016 in Binnelande­rs, 2005-nou), speel Amaury Bello, ’n jong man van Paloma se vissersdor­pie wat sy uit al sy geld verneuk het om na Bogotá te neem. Amaury is ook verlief op Paloma.

Neels Clasen (Jan Gericke van 2012-2017 in Binnelande­rs), vertolk die rol van Aníbal Urrutia.

Hy is ’n entreprene­ur wat die beheer van Mariano se teater oorgeneem het om dit suksesvol te maak. Hy en Leonardo sit nie om dieselfde vuur nie.

Roderick Jafta (Anthony Jackson in Villa Rosa, 20042016) is die stem van Jose

(Die Duiwel) Samudio, Paloma se vervreemde pa. Hy word Die Duiwel genoem omdat hy baie mense uit hul geld geswendel het. Stella Douglas (’n nuweling) is die stem agter

Estrella Soto, Paloma se ma, wat haar agternasit wanneer sy na Bogotá gaan om haar te konfrontee­r oor die geld wat sy by Amaury gesteel het en dit terug te kry.

Duncan Johnson (Marvin Peterson vanaf 2019 in 7de Laan) speel Angel Astudillo,

Paloma se jonger broer. Melissa Wille

ring (Chrissie van 2016-2020 in Getroud

Met Rugby:

Die Sepie) speel Daniela

Astudillo, Paloma se jonger suster.

• Kyk na die spelerlys langsaan onder die prikke vir nog name.

WAAROOR GAAN DIT?

Die ambisieuse Paloma verruil haar lewe op ’n vissersdor­pie vir die groot stad. Daar kruis haar pad met ’n teaterregi­sseur, Mariano, en die land se toekomstig­e president, Leonardo – wie gaan haar hart wen?

1 – 4 SEPTEMBER

Die verhaal begin met ’n toekomsbli­k wanneer die presidensi­ële kandidaat, Leonardo Santander, se lewe voor duisende volgelinge en sy vrou, Paloma, bedreig word. Van daar af speel die storie in die verlede af en ons leer Paloma ken voor sy en Leonardo getroud is.

Paloma kom in Bogotá in Colombia aan waar sy ’n nuwe lewe wil begin en mag wil bekom. Sy ontmoet ’n teaterregi­sseur, Mariano, wat gou op haar verlief raak, maar sy het ander idees: Sy wil die presidents­vrou van Colombia word en raak bevriend met Leonardo op die openingsaa­nd van ’n toneelstuk by Mariano se teater.

Estrella, Paloma se ma, kom in Bogotá aan op soek na Paloma en is verplig om in haar vervreemde man, Jose (die duiwel), se huis te bly. Ana Milena, Leonardo se eerste vrou, vra hom om sy politieke drome prys te gee en eerder meer tyd saam met haar te bestee.

7 – 8 SEPTEMBER

Paloma en Mariano baklei oor haar ambisie, en Aníbal, ’n belegger in Mariano se teater, en Leonardo stry oor ’n voorstel van Leonardo vir veranderin­ge by die teater. Cristina, Leonardo se dogter, kan nie haar gevoelens vir Mariano wegsteek nie, Federico, vertel sy vrou, Paula, Paloma is nie die engeltjie wat almal dink nie, en Paloma word Ana se persoonlik­e assistent.

 ??  ?? Paloma (regs) het planne om Ana Milena (links) se man af te vry.
Paloma (regs) het planne om Ana Milena (links) se man af te vry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Paloma as die presidents­vrou in die toekoms saam haar lyfwagte.
Paloma as die presidents­vrou in die toekoms saam haar lyfwagte.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa