TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

Y&R het verfilming gestaak weens die Covid19-pandemie en saai ’n keur van episodes volgens temas uit totdat verfilming hervat.

BOLD

Steffy probeer die pyn waarin sy ná haar motorfiets­ongeluk verkeer, wegsteek, en Ridge kry nuus wat sy aandag van sy dogter, Steffy, aflei. Sally se bedrog word in die modewêreld druk bespreek en sy is bang die Forresters sal haar vermy. Flo vertel ’n angstige Sally Wyatt sal oor haar lot besluit sodra hy van sy werkreis terug is, en Shauna moet met Ridge oor hul Vegas-voorval praat. Thomas moedig Steffy aan om haar medisyne te drink wanneer hy sien sy ly.

DAYS

Iets ontstellen­ds gebeur by die DiMerahuis, Gwen is reg om op familie en vriende te spioeneer, en Gabi hoop Li sal met Jake se hulp haar bondgenoot word. Gwen wonder wat haar beloning sal wees as sy Chad help om van Gabi ontslae te raak, en Jennifer is terug in die stad saam met Jack wat ’n verliefde Xander wil help. ’n Onwelkome verrassing wag op Eli en Gabi, Xander en Sarah is erg gespanne in ’n stomende situasie, en Bonnie is oortuig Justin moet haar prokureur wees. Eve martel Ben later met die hoop hy sal na sy bose alter ego, The Necktie Killer, terugkeer.

Y&R (VERRASSING­S)

Neil probeer Olivia help, en Paul wil Sheila se wraakplan teen Lauren keer (1992). Paul steel die kalklig, Lauren probeer haar spore doodvee, en Victor is onseker of hy Nikki of Ashley moet help (1996). Daar’s spanning tussen Phyllis en Christine, en Nikki en Sharon se soektog na die waarheid raak morsig (2004). Victor twyfel oor Nikki se lojaliteit, en Lily wil weet wie haar pa is (2005). Neil en sy ma, Lucinda, sluit ’n wapenstils­tand in hul vete, en Chelsea en Adam se ontsnappla­n stort in duie (2016).

 ??  ?? Shauna (Denise Richards) moet rustig met Ridge oor Las Vegas praat.
Shauna (Denise Richards) moet rustig met Ridge oor Las Vegas praat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa