TV Plus (Afrikaans)

Slegte mense, goeie TV

Op DStv is genoeg booswigte wat jy nie sal wil misloop nie. En hulle is gemeen teenoor almal.

-

Almal hou van ’n gelukkige einde. Ons hou daarvan om te sien die goeie ouens wen wanneer hulle hul gunsteling-TV-programme kyk, maar dis nooit goeie kykstof wanneer hulle dit maklik regkry nie. En om so ’n maklike paadjie van ons helde te weerhou, het ons die booswigte. Indien ’n TV-program ’n gereg was, was die helde die uie en die boewe die knoffel: Hulle kan nie geskei word nie en hulle verskaf die basis vir al die ander bestanddel­e vir ’n lekker dis.

Booswigte skep konflik en is die rede waarom ons steeds TV kyk, sodat ons kan sien hulle kom hul moses teë. ’n Storie val plat sonder ’n goeie skurk en word net nóg ’n TV-herinnerin­g. En hoewel goeie TV-boosdoener­s deesdae in oorvloed is, kry ’n mens net nou en dan fantasties­e TV-boewe:

Cersei Lannister (Lena Headey, aksiefliek 200, 2007) in Game Of Thrones (2011-2019) was die koninginmo­eder wat almal laat wonder het of hulle die vertrek lewend sou verlaat indien hulle saam met haar daar ingegaan het. Gus Fring

(Giancarlo Esposito, Adam

Clayton Powell jr. in Godfather Of Harlem, 2019-nou) van Breaking Bad (2008-2013) was bedags die sjarmante bestuurder van ’n braaihoend­er-padkafee, maar saans ’n gevoellose, moorddadig­e dwelmbaas, wat nie twee keer sal dink om iemand wat hom snaaks aankyk uit die weg te ruim nie. Dié slegte ouens is in die heldesaal vir TV-booswigte uitgekerf, maar die volgende klomp jongelinge is kort op hul hakke met hul eie slegte reputasies.

BLINDSPOT (2014-2020)

Madeline Burke (Mary Elizabeth Mastranton­io, Maid Marian in die fliek Robin Hood: Prince Of Thieves, 1991) het ’n duiwelse indruk gemaak in haar terugkeren­de episodes in seisoen 4, waartydens sy die hoofaandee­lhouer van die Crawfords se maatskappy HCI Global was. Sy het later haar posisie gebruik om met sjarme mag by HCI Global te bekom, wat haar die geleenthei­d gegee het om haar diaboliese plan in werking te stel om van haar mederaadsl­ede ontslae te raak. Dit was nie genoeg om hulle uit te skakel nie, die geslepe Madeline het haar aandag gevestig op Blake

Crawford (Tori Anderson,

Ada in die 2018-drama

Caught), die eienaar van die maatskappy, en haar ook ’n streep getrek. Indien sy van Blake ontslae raak, kon Madeline sonder weerstand beheer neem van die maatskappy. Sy het haar mededinger vergiftig en Blake se dood met ’n vliegtuigo­ngeluk verdoesel. Dit het die grondslag gelê vir die laaste fase van haar geheime plan – Project: Helios. En dis so gewetenloo­s, die sepieboosw­ig Stefano DiMera (Joseph Mascolo) van Days of Our Lives (1965-nou, lees meer op bl. 31) sou trots wees.

Aan die einde van seisoen 4 het ’n groot slag die span getref soos Project: Helios momentum gekry het. As deel van haar meesterpla­n het Madeline met ’n aanval die hele oostelike kusstrook in die donker gedompel en Kurt

Weller (Sullivan Stapleton, Sergeant Damien Scott in Strike Back, 2011-2018) en sy span daaraan skuldig laat lyk, en hulle boonop uitgewys as die hoofverdag­tes in ’n korrupsies­aak, wat vir lank deur die polisie ondersoek is. Met die FBI wat ontwrig is, het Madeline haar invloed gebruik om ’n burgerlike oorsigkomi­tee te skep – ’n span wat eintlik die FBI polisieer. Met haar plek stewig in die organisasi­e gevestig, het sy haar gou ingewurm as die direkteur van alle federale wetstoepas­sers. Hoor die onheilspel­lende musiek, want met toesig oor die doen en late van die FBI, maak dit haar so te sê die grootbaas van een van die wêreld se magtigste organisasi­es. Dit voorspel niks goeds vir die goeie ouens nie, en volgens die skepper van die reeks, Martin Gero, was dit van die begin af deel van die plan. “Ons laat werklik die span verlies ly, wat jy nie dikwels in proseduret­elevisie nie.

Dit was superopwin­dend, want dit lei tot ’n voortstuwe­nde seisoen 5, anders as enige [seisoen] wat ons gedoen het.”

Madeline draai die skroewe aan en gaan tot die uiterste om te verseker die span word gearrestee­r. Wie sou kon dink ’n liewe ou vroutjie sal met ’n terreurgro­ep saamspan om die sending te voltooi? Hou Project: Helios dop – dit is skokkend. Kyk Blindspot seisoen 5, Saterdae op 1Magic (*103) om 20:30.

 ??  ?? Madeline Burke is nie die soort boosdoener met wie enige TV-held wil mors nie.
Madeline Burke is nie die soort boosdoener met wie enige TV-held wil mors nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa