TV Plus (Afrikaans)

Aanlyn treffers

Dié voormalige internetre­ekse is nou volwaardig­e programme op Showmax.

-

Reekse op die web het die afgelope dekade aansienlik uitgebrei – en nie net op videodiens­te soos YouTube en Vimeo nie. ’n Paar webprogram­me met ’n slim draaiboek en wat slegs 10 minute lank was, is nou aanlyn beskikbaar as volwaardig­e TV-programme, met groot begrotings en nóg groter gehore. En jy kan dit op Showmax stroom.

INSECURE (2016-NOU)

Toe dit in 2011 ’n webreeks was, was dié reeks getiteld The Mis-Adventures Of Awkward Black Girl. Die hoofspeler en skepper, Issa Rae (April in die 2019komedi­efliek Little), wou aandui hoe moeilik dit is om mense te ontmoet in ’n kultureel diverse plek soos New York. Toe dit in ’n volwaardig­e TV-program verwerk is, het twee dinge verander: New York is vir Los Angeles verruil, en dit gaan nou oor die wêreld, gesien deur die oë van twee besties wat onseker is oor dinge in hul lewe, of dit liefde, diëte of klere is.

TEACHERS (2016-2019)

Daar was ’n regstreeks­e oorgang van ’n webprogram na ’n TV-reeks in 2016 – alles is dieselfde, insluitend­e die akteurs (almal genaamd Cate of Kate). In 3 seisoene en 50 episodes beleef die onnies by die fiktiewe Fillmore Elementary School in Chicago belaglike hoogtepunt­e en betreurens­waardige laagtepunt­e en talle avonture tussenin, terwyl hulle met droë humor en dikwels gemene geeste probeer om die jaar te oorleef. Ons bejammer regte onderwyser­s indien hulle slegs ’n fraksie hiervan deurmaak!

RICK AND MORTY (2013-NOU)

Dié program was oorspronkl­ik ’n kortfilmpa­rodie op die Back To The Futureflie­ks (1985-1990), maar die Adult Swim-netwerk se span het dadelik die potensiaal raakgesien. Gedurende die vyf seisoene het die tyd- en-ruimtereis­igers Morty en sy oupa Rick die multiverse deurkruis op hul avonture. Dis verspot, onbeholpe, bleeksiela­gtig en vol allerhande wetenskapl­ike beginsels en teorieë, maar dis bowenal ’n avontuurri­t saam met die uiteenlope­nde hoofkarakt­ers terwyl hulle hul plek in die heelal probeer vind.

HIGH MAINTENANC­E (2012-NOU)

Wat as episodes van 5 minute oor daggahande­l in New York op die web begin het, het ’n trefferree­ks met episodes van 30 minute lank geword en is nou in sy vierde seisoen. Die verlengde tyd het die reeks meer ruimte gebied om uit te brei hoe die hoofkarakt­er “The Guy” sy ware verskaf aan sy klante, wat soos dag en nag verskil. “The Guy” is daardie ou wat ’n ander ou ken en altyd kan help . . .

BOSCH (2014-NOU)

Hieronymus Bosch (Titus Welliver,

Glen Childs in die regsdrama The Good Wife, 2009-2016) is ’n elite-soldaat wat ’n LA-speurder geword het in dié webreeks wat as ’n aanlyn reeks van Amazon Studios begin het. Bosch was, anders as tradisione­le webprogram­me, ’n reeks van ’n langer formaat wat na die stroomplat­forms beweeg het met Bosch en sy vennoot, Jerry Edgar (Jamie Hector, Marlo in The Wife, 2004-2008). Hulle ondersoek hoëprofiel­misdaad in Hollywood. Die geskerts tussen die twee hoofkarakt­ers, die slim draaiboek en die allerbelan­grike buiteopnam­es het Bosch een van TV se voorste polisiepro­gramme gemaak.

 ??  ?? Haar gesukkel in die ware lewe met afsprake, het Issa Rae (regs) se program Insecure vanaf aanlyn tot die boonste sport laat vorder.
Haar gesukkel in die ware lewe met afsprake, het Issa Rae (regs) se program Insecure vanaf aanlyn tot die boonste sport laat vorder.
 ??  ?? Die spelers van Teachers.
Die spelers van Teachers.
 ??  ?? Morty (links) en sy oupa, Rick, ’n wetenskapl­ike.
Morty (links) en sy oupa, Rick, ’n wetenskapl­ike.
 ??  ?? Die polisieven­note Bosch (links) en Jerry.
Die polisieven­note Bosch (links) en Jerry.
 ??  ?? “The Guy” word gespeel deur die skepper van High Maintenanc­e, Ben Sinclair.
“The Guy” word gespeel deur die skepper van High Maintenanc­e, Ben Sinclair.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa