TV Plus (Afrikaans)

NET DIE BESTE

-

Toe Kevin en die span die hindernisb­aan saamgestel het, het hulle gefokus op fiksheid – dit behoort slegs 20 sekondes te duur om elke uitdaging te voltooi, maar jy kan nie ’n sofapokkel wees en verwag om deur te glip nie. “Fiksheid is ’n lewenstyl,” sê Kevin, wat sy persoonlik­e oefensessi­es op sy sosiale media-blaaie plaas. “’n Mens kan nie 16 of 17 uur per dag werk en nie in ’n kondisie wees om aan die fisieke vereistes te voldoen nie. Indien jy onvoorbere­id na TKO kom, sal jy net enkele van die TKO’s kan doen en geen prys kan verwag nie. Jy kan nie halftoegew­yd wees nie.”

Van nader beskou, sal jy sien daar is talle veiligheid­svoorsorgm­aatreëls by die speletjies ingebou. “Kyk, jy gaan deur vlieënde voorwerpe getref word en jy gaan met bulte en kneusplekk­e huis toe gaan. Maar jy gaan nie in ’n rolstoel huis toe gaan nie, verstaan? Ons wil hê die mense moet pret hê en daar is mediese personeel op die stel. Die ergste besering tot dusver is ’n geknakte ego en nat agterent wanneer iemand in die Slammer-speletjie in die water gestamp word,” sê Kevin.

Hoewel daar tot op hede slegs een seisoen van die speletjies­program is, is dit pret vir die hele gesin om te stroom. “Ons doen dit vir almal. Jy kan dalk jou eie TKO in jou agterplaas bou en ’n familielid tydens ’n braai uitslaan . . . Daai irriterend­e tante wat almal se besigheid ken: Kyk wanneer sy loop en ‘woeps!’ oor die kop met ’n Frisbee. Ek spot sommer – moenie dit tuis probeer doen nie. Dis net vir beroepsmen­se!” • Kevin se bestie Dwayne Johnson

(dr. Bravestone in Jumanji) het sy eie hindernisp­rogram. Lees meer oor The Titan Games op bl. 18.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa