TV Plus (Afrikaans)

PAS AAN BY DIE NATUUR

-

Jeff erken om te sien hoe sy reeks verander het, is verstommen­d. “Seisoen 1 in 2000 was basies vergeleke met seisoen 10. Maar toe het ons alles gehad wat ons benodig het. Elke uitdaging en beeldjie en die geringste besonderhe­id is presies beplan. Daardie selfde aandag word aan seisoen 30 en 35 en 40 gewy. Maar dis op ’n ander vlak.”

In seisoen 1 was ’n gelykop-uitslag ongehoord, maar nou is dit die norm. “Ons het ’n dooiepunts­tem in seisoen 34 Game Changers (2017) gehad. In seisoen 35 was die gelykopste­m die eerste reël wat ons neergeskry­f het toe ons begin beplan het,” sê Jeff.

Die nuwe reël is: Die wenner van die laaste immuniteit­suitdaging deel die immuniteit met een van die ander drie Survivors. Die ander twee wat oorbly, moet dit uitspook in ’n vuurmaakui­tdaging, en dié wenner is finalis nr. 3 saam met die twee wat immuniteit het in die finale episode.

Baie meer elemente is teen seisoen 40 bygevoeg, soos die Edge Of Extinction, waartydens spelers wat uitgestem is, kan vra om aan te bly en by die samesmelti­ng terug te keer (hulle bly tot dan in ’n geïsoleerd­e kamp).

Met die Fire Tokens kan deelnemers belonings en voordele koop.

“Aanpassing­s met sulke kinkels gee Survivor ’n voorsprong bo ander reekse. Dit voeg waarde toe, want die deelnemers word gedwing om vinnig te dink en die manier waarop hulle dinge doen, aan te pas,” verduideli­k Jeff.

OORLEEF DIE REEKS

Dit is nie net die deelnemers wat die seisoen van 40 dae moet oorleef nie: Jeff en die span moet ook. En hulle doen ook beserings op. “Daar was ’n eilandgids in een van die vroeër seisoene en hy het ons gewys hoe om ’n kokosneut oop te kap. Hy het dit so maklik laat lyk, maar ek het ’n gat in my gewrig gesny. In seisoen 1 in Borneo het ’n jellievis my in die lies gesteek. In seisoen 2, Australian Outback (2000), het ’n skerpioen my op my Achilles-tendon gesteek,” vertel Jeff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa