TV Plus (Afrikaans)

NOG VERDAGTES

-

Speurder Breytenbac­h gesels ook met twee ander verdagtes, die rugbyspele­r

(David Johnson) en die pompondans­er (Louise van Greunen), wat ook Bart se eksmeisie is. “Liam is op die verdagtely­s omdat hy onlangs ’n hewige argument met Bart gehad het omdat Bart die Stryders se salarisse ingekort het,” sê Pierre. “En Mia het Bart vals beskuldig van seksuele misbruik toe hy hul verhouding vroeër vanjaar beëindig het.” Toe die waarheid uitkom, het Mia alles verloor en koester moontlik nog ’n work.

Liam ’N LEIDRAAD Mia

Intussen het Kristien besluit om nie te sit en wag om in hegtenis geneem te word vir die aanslag op Bart se lewe nie, en kragte saamgesnoe­r met (Gerald Steyn), die nuushoof vir wie Jana voor haar verdwying gewerk het, om die een op te spoor wat Bart geskiet het.

Kristien se snuffelwer­k lewer resultate op wanneer sy op ’n leidraad in Bart se kluis afkom. “Sy kry ’n swart notaboekie met ’n klomp wagwoorde vir ’n rekening op die diep web en dit laat haar wonder by watter besigheid Bart betrokke was,” verklap Pierre.

Daar gaan nog baie verdagtes in die ondersoek opduik, insluitend­e (Marisa Drummond), Bart se eerste vrou, wat ook in November gal gebraak het teenoor hom toe hy die Stryders se gunsteling­watergat, Potties, gekoop het. “Ilse het gemeen Bart kon die geld vir haar en sy dogters gee, maar Bart wou niks weet nie.”

Die raaisel rondom wie Bart geskiet het, gaan wel ontrafel word, “en kykers gaan hul oë nie glo wanneer die skuldige se identiteit onthul word nie,” sê Pierre. • Lees meer op bl. 51.

Ilse Pine Pienaar

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa