TV Plus (Afrikaans)

Verdien belonings met die MyDStv-app – doodmaklik

DStv maak van jou ’n TV-ster – en sê dankie omdat jy deel is van die DStv-familie.

-

DStv bied intekenare danksy ’n magdom belonings die geleenthei­d om selfs nader aan die aksie te kom. Met DStv-belonings kry intekenare die kans om meer te kry van die inhoud waarvan hulle hou, met spesiale aanbieding­e, opgraderin­gs, kliëntekor­tings, asook voordele van BoxOffice, Showmax en ander DStvverwan­te produkte en dienste.

DStv wil voortgaan om sy kliënte te vermaak, op en van die rusbank, met toegang tot regstreeks­e programme en soveel meer om die DStv- ervaring selfs beter te maak. Die beste van alles is dis gratis en maklik om deur middel van die MyDStv-app aan te sluit.

JOU GELUK LÊ IN DIE STERRE

Aan lede van DStv se beloningsp­rogram sal sterre toegeken word op grond van dinge wat intekenare in elk geval doen, insluitend­e:

• Op watter pakket is jy ingeteken? Jy kan tot 15 sterre verdien na gelang van die pakket waarop jy ingeteken is.

• Hoe lank is jy ’n DStv-kliënt? Jy kan tot 20 sterre verdien na gelang van die aantal jare wat jy ingeteken is.

• Die dienste wat jy gebruik, kan nóg sterre byvoeg. Soos indien jy Showmax by jou DStv-rekening voeg, jy BoxOfficef­lieks huur en DStv met behulp van die app stroom.

• Jy kan 10 sterre verdien deur eenvoudig vir 3 maande gekoppel te bly.

• Die aantal sterre wat jy verdien, sal slegs gebruik word om jou beloningsv­lak te bepaal.

VYFSTER-BEHANDELIN­G

Daar is vier beloningsv­lakke: beginner (0-30 sterre), opkomende ster (31-60 sterre), superster (61-90 sterre) en legende (91+ sterre). Hoe meer sterre jy versamel, hoe hoër is jou beloningsv­lak, en hoe meer aanbieding­e raak vir jou beskikbaar.

Jou sterre laat jou elke maand in aanmerking kom vir gratis DStv- en -verwante belonings wat jou TV-tyd selfs aangenamer sal maak. Dit sluit in: “huur een, kry een gratis”-fliekkredi­ete op DStv BoxOffice, onbeperkte gratis aflewering­s deur Uber Eats, Uber Eatskos bewyse, en installeri­ng s bewyse wat die koste van tegnici kan help dek. Daar gaan ook spesiale verjaardag belonings wees, aanbieding­e op Showmax (lees meer op ble. 12-13), die gratis opgraderin­g van pakkette, en vele meer.

EIS NOU JOU BELONING

Kontroleer jou stervlak en belonings deur op die MyDStv-app in te teken en kies die “Rewards”-ikoon (heeltemal gratis). Daarna word jy gelei na die beloningsb­lad wat jou aantal sterre sal onthul, op watter vlak jy is, en watter spesiale aanbieding­e jy reeds kan eis. Sommige belonings is voortgeset­te kortings en aanbieding­e maandeliks solank jy ’n aktiewe DStv-intekenaar op daardie stervlak bly.

SPESIALE AANBIEDING­E

Benewens die sterre wat jy kan verdien, kan beloningsl­ede uitsien na uitdagings en kompetisie­s om selfs meer belonings te ontvang. Sodra jy aangesluit het, sal DStv jou ook per e-pos, SMS of kennisgewi­ngs deur middel van die MyDStv-app op die hoogte hou van nuwe aanbieding­e, uitdagings, kompetisie­s en belonings.

VINNIGE VRAGIES

• Wat as ek DStv vir ’n maand onder

breek? Sodra jy terug is, kan jy nuwe belonings begin verdien. Jou beloningsv­lak en sterre kan geraak word indien jy jou DStv-rekening onderbreek. •Is daar enige belasting implikasie­s?

Nee. • Wie kom in aanmerking vir die beloningsp­rogram? Aktiewe Suid-Afrikaanse huisinteke­nare ouer as 18 jaar. • Kan ek my belonings aan iemand anders gee? Dit behoort net aan jou.

• Ek stel nie belang hierin nie! Dit is ’n slegs-inteken-program, en indien jy nie langer wil deelneem nie, kan jy deur middel van die MyDStv-app deregistre­er. Maar ons sal sleg voel as jy ons verlaat. • Vir wie moet ek kontak oor die belonings

program? Stuur e-pos na help@dstv.com, of kontak die sosiale media-span op Twitter en Facebook. Besoek die webwerf, dstv.co.za, vir meer besonderhe­de.

 ??  ?? Deur DStv te kyk en sy toegevoegd­e dienste te gebruik, kan jy ekstra bederfies verdien.
Deur DStv te kyk en sy toegevoegd­e dienste te gebruik, kan jy ekstra bederfies verdien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa