TV Plus (Afrikaans)

Waar lê jou prioriteit­e?

Annelize probeer Binneland se reputasie red, maar verloor dalk vir Tertius in die proses.

-

Adaar een ding is wat Annelize (Cindy Swanepoel) het, is dit lojaliteit en passie vir die Binneland-kliniek. Sy voel tuis in die hospitaal en dis vir dié hospitaal wat sy alles sal prysgee – selfs haar verhouding, al weet sy dit nog nie . . . Haar kêrel, Tertius (Reynardt Hugo), sien dit egter raak en sy verdraagsa­amheid is besig om op te raak, en wanneer Annelize weer eerder die hospitaal en sy grootbaas, At (Hans Strydom), bo hom glo en haar by At skaar, neem Tertius ’n besluit wat alles kan verander.

WAT LAAS GEBEUR HET

Die groot drama wat tans in Binnelande­rs afspeel, is Delia (Odelle de Wet) wat aangekla word van die moord op die portier

Tommy (Pieter Human) wat na haar pa, Andries (André Odendaal), omgesien het, asook die motorongel­uk waar-in Annelize en Tertius onlangs was.

Annelize en Tertius was op pad om ’n leidraad op te volg by die TikTok-ster Jazzy de

Waal (Stephanie Ndlovu) oor die video wat Jazzy geplaas het waar dit lyk asof Delia in die agtergrond van Tommy se moordtonee­l wegvlug. “Annelize en Tertius wou weet hoekom Jazzy dié video geneem het. Het iemand haar gevra of gedwing om die video te neem? Maar voor hulle by Jazzy kon uitkom, het iemand hulle in ’n ongeluk laat beland,” sê Cindy.

Dis onlangs onthul niemand anders as Piet (Deon Coetzee), At se handlanger, het agter alles gesit nie: Delia se moordklag, Jazzy se video en die motorongel­uk. “Ek kan nie te veel verklap nie, maar dit lyk asof Piet rogue gegaan het,” sê Cindy. “Annelize het stadig al die leidrade bymekaar gemaak en toe sy hoor Piet het in haar mediese lêers gaan rondkrap, toe tel sy een en een bymekaar en besef hy is die skuldige.”

WAT IS DIE WAARHEID?

Tertius is oortuig Piet sou nie al dié goed gedoen het as At hom nie die opdrag gegee het nie. “Tertius glo At was nie gelukkig met Delia wat in Doebai weggekruip het nie. Ook nie met Delia se weiering dat haar kind wat sy by At se broer Louis (Germandt Geldenhuys) het, deel van die Koster-familie word nie,” sê Reynardt. “At moes vir Piet gesê het om Tommy te gebruik om Delia na Pretoria te lok en Tommy te vermoor en Delia skuldig te laat lyk. En toe Tertius en Annelize te naby aan die waarheid kom, het At dalk vir Piet gesê om Annelize en Tertius in ’n ongeluk te laat beland.” Tertius het egter nie enige bewyse nie. Annelize twyfel weer of At enigiets daarmee te doen het en wanneer sy At daaroor konfrontee­r, ontken hy dit en Annelize glo hom. Boonop gee Piet homself aan die polisie oor en erken hy sit agter die moord en die ongeluk.

SNUF IN DIE NEUS

Met Annelize aan At se kant en Tertius wat twyfel of hulle die volle waarheid weet, raak die spanning tussen Annelize en Tertius ál erger. Maar Annelize kan nou nie te veel aandag daaraan gee nie, want haar fokus is om die hospitaal se reputasie te red van Piet en sy dade. Daarom reël sy met ’n joernalis Jeremy Gavis (Craig Urbani, Mason in die aksiereeks Warrior) wat sy eie podsending het om met haar en die hospitaal se HUB, Conrad (Hykie Berg), ’n onderhoud te voer. “Hulle moet damage

control doen anders gaan hulle alles verloor,” sê Cindy.

Die eerste onderhoud verloop goed, maar dis nie lank nie voor Jeremy ook snuf in die neus kry daar skuil iets meer agter Piet en sy verhouding met At en al die gunsies wat Piet oor die jare vir die Binneland-grootbaas gedoen het . . .

Annelize probeer Tertius kry om ook ’n onderhoud met Jeremy te doen en die hospitaal te prys vir al die lewens wat sy dokters en personeel red. “Tertius wil aanvanklik niks weet nie, maar omdat hy omgee vir Annelize kners hy op sy tande en doen die onderhoud,” sê Reynardt.

PAS OP, ANNELIZE

Tevrede met hoe sy die saak hanteer, bedank Annelize Tertius vir sy samewerkin­g, maar Tertius waarsku sy geliefde: “Jeremy praat met meer mense in die hospitaal as wat Annelize dink en Jeremy gaan nóg geraamtes opgrawe,” sê Reynardt. Jeremy se eerste podsending word vrygestel en die inhoud het die hospitaal in rep en roer, want Jeremy vra vrae oor vele ongerymdhe­de en belowe hy sal nie rus kry voor hy alles oopgekrap het nie. “Annelize is in ’n penarie,” sê Cindy. “Sy glo in At se onskuld en wou help, maar nou lyk dit of alles in haar gesig gaan opblaas.” • Sien bl. 45.

 ?? ?? Annelize en Tertius (inlas) stamp koppe oor At se betrokkenh­eid by Delia se moordklag en hul ongeluk.
Annelize en Tertius (inlas) stamp koppe oor At se betrokkenh­eid by Delia se moordklag en hul ongeluk.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa