TV Plus (Afrikaans)

Die dae ná Days

Die antwoorde op vyf groot vrae, en vyf groot storielyne om te volg wanneer ons probeer inhaal op Days Of Our Lives nadat e.tv uitsending­s gestaak het.

-

Days Of Our Lives het ons met ’n naelbytein­de gelos. Op Vrydag 8 April, het dr. Marlena Evans (Deidre Hall) se hart ophou klop en toe is sy in ’n glansende wit kamer swewend tussen die hemel en die hel met slegs die geeste van Tony en Andre DiMera (Thaao Penghlis) en Princess

Gina (Kristian Alfonso) om haar na die hiernamaal­s te lei.

Nou vra Suid-Afrikaanse kykers: “Wat gebeur daarna?”, want dis die laaste sien van Days omdat e.tv uitsending­s van die program stopgesit het.

tvplus tree in as jou gids vir die Days-hiernamaal­s. Ons sluit die huidige storielyne af en gesels oor die groot stories wat kom sodat jy op hoogte kan wees met wat nou in Days in die VSA gebeur (die laaste episode wat SuidAfrika­ners gaan sien, is op 18 Maart 2019 in die VSA uitgesaai).

ANTWOORDE OP 5 VRAE

1 Is John/Roman (Drake Hogestyn) die biologiese pa van Sonny (Freddie Smith) se man en die afperser Leo Stark

(Greg Rikaart)? Nee. Die slegte appel het nie ver van die goor boom af geval nie. Leo se ma was ’n leuenaar. Ns.: Leo het in Januarie 2022 na Salem teruggekee­r toe hy Chloe (Nadia Bjorlin) se pa, Craig (Kevin Spirtas), verlei het. Tans, probeer Chad DiMera (Billy Flynn)

Leo verlei.

2 Wat gebeur met die Eric-Sarah-Rex

liefdesdri­ehoek? Rex (Kyle Lowder) is weg nadat sy vrou, Sarah (Linsey Godfrey), gesê het Eric (Greg Vaughan) is in die middel van seks. Sarah het swanger geraak met Eric se baba, maar het die swangerska­p weggesteek toe Eric met Nicole (Arianne Zucker) opgemaak het. Sarah het deel geword van die baba-omruildram­a tydens die eenjaar-sprong (lees verder vir meer).

Hoe kan Nicole terug wees; het sy nie in 3

2018 in ’n ontploffin­g gesterf nie? Die Nicole in die Eric-Sarah-Rex-storielyn was eintlik ’n vermomde bose Kristen (Stacy Haiduk). Die regte Nicole het in 2019 teruggekee­r, en Eric se tweeling Sami (Alison Sweeney) het ongenooid by haar troue met Eric opgedaag.

Wie het die brand gestig waarin Ciara 4 (Victoria Konefal) byna gesterf het? Dit was Claire

(Olivia Rose Keegan), wat goed aan die brand gesteek

het, en mense het tekere gegaan tot in Julie 2019 toe sy vir behandelin­g na ’n gestig gestuur is.

5 Wie word Salem se burgemeest­er?

Dié storielyn is uitgerek tot Mei 2019. Uiteindeli­k is Jack “wat aan geheueverl­ies ly” (Matthew Ashford) as burgemeest­er gekies danksy sy veldtog in die Trump-styl. Days-aanhangers het hul beste romanse gekry toe die ware Jack teruggekom het – hy het sy geheue, herinnerig­e en liefde vir Jennifer (Melissa Reeves) herwin.

DIE 5 GROOT STORIELYNE

LW! Die datums verwys na uitsaaitye in die VSA.

Die jaar-sprong: In November 2019 1 het Days ’n jaar in tyd vooruitges­pring toe Hope/Princess Gina

(Kristian Alfonso) Jennifer van ’n balkon afgestoot het, wat haar in ’n koma laat beland het. Tydens die jaar van Jennifer se koma, het Xander (Paul Telfer) beweer hy is die pa van Sarah se baba, Mackenzie, wat in ’n multi-motorbotsi­ng gesterf het. Orpheus (George DelHoyo) het Maggie (Suzanne Rogers) ontvoer en haar skuldig laat lyk aan die dronkbestu­urongeluk waarin Adrienne (Judi Evans) dood is en baba Mackenzie later dood is, maar Will Horton (Chandler Massey) het beken hy het SMS’e gestuur terwyl hy bestuur het en is tronk toe gestuur. Maggie se man, Victor (John Aniston), het Xander beveel om die oorlede baba Mackenzie om te ruil met Kristen se pasgebore dogter, Rachel. En ’n bedroefde Kristen het Haley vermoor deur haar by die trappe af te stamp. Ben (Robert Scott Wilson) is vir die moord op Jordan (Chrishell Stause) se suster gearrestee­r. Kristen en Lani (Sal Stowers) het Salem verlaat en nonne in Rome geword, en Salem se groot booswig Stefano DiMera het teruggekee­r as ’n kunsmatige intelligen­sie in die liggaam van Steve (Patch) Johnson (Stephen Nichols), wat tot poetse gelei het toe hy met Princess Gina/Hope saamgespan het, danksy die mikroskyfi­e in Hope se brein

(soos Marlena en Steve ook gehad het).

EJ DiMera, terug uit die dood: Clyde Weston (James Read) se lyfwag het EJ (hy is toe gespeel deur James Scott) in 2014 geskiet. In 2018, het Kristen bevestig hy leef steeds, en EJ het in Junie 2021 (gespeel deur Daniel Feuerriege­l) self opgedaag, en sodoende Sami se affair met Lucas (Bryan Dattilo) omvergegoo­i, Nicole gejag, en die beheer van DiMera Enterprise­s teruggenee­m van Jake DiMera (Brandon Barash) – Vivian Alamain (wat afwisselen­d deur Robin Strasser en Linda Dano gespeel is) se buite-egtelike seun by EJ se pa, Stefano. Dit is later bewys Jake is Stefan DiMera, Gabi (Camila

Banus) se eksman wat in Oktober 2019 deur Lani vermoor is. EJ is tans vir 10 jaar in die tronk omdat hy sy vrou, Sami, ontvoer het, en sy selmaat is . . . Clyde Weston!

Die Duiwel in Salem: In September 2021, het die duiwel na Salem teruggekee­r om Marlena weer te beheer in die hernuwing van ’n 30 jaar oue storielyn, net toe Johnny DiMera (Carson Boatman) sy eerste studentefl­iek oor Marlena se oorspronkl­ike besetenhei­d maak – dit was chaos, want mense het baklei oor wie hulle wou speel. Sedertdien neem die bose lukraak beheer van mense, vanaf Doug (Bill Hayes) wat ’n verpleegst­er se boud geknyp het, tot Johnny wat sy verloofde by hul verlowings­partytjie verlaat en EJ afgepers het om beheer oor DiMera Enterprise­s, tot Marlena wat geknoei het om Doug dood te maak, John in die DiMera-kelder vasgeketti­ng het, Allie (Lindsay Arnold) se verkragter Charlie Dale (Mike C. Manning) uit die dood opgewek het, Susan (Stacy Haiduk) in ’n kat verander het, en die Horton-Kersboom aan die brand gesteek het. Salem se besetenes het goed gedoen wat glad nie met hul karakter strook nie, soos Shawn (Brandon Beemer) wat seks gehad het met sy aartsvyand Jan (Heather Lindell) terwyl sy haar soos sy geliefde Belle (Martha Madison) vermom het, en EJ wat sy eks Abby (Kate Mansi) gesoen het!

4 Wie het Philip Kiriakis vermoor?

Daar is vermoed Philip Kiriakis

(Jay Kenneth Johnson) is vermoor toe sy kunsbeen in Desember 2021 in die Salemrivie­r gevind is. Brady is bewusteloo­s en besmeer met Philip se bloed aangetref. In werklikhei­d het Philip Brady skuldig laat lyk weens sy jaloesie oor Brady en Philip se geliefde Chloe wat saam werk. Philip se ma, Kate (Lauren Koslow), het hom toe uit die dorp laat vlug.

5 Die eiland (deel XIIV): In Maart 2021 het Kristen Sarah ingespuit met een van Rolf (William Utay) se serums en haar na Stefano se verlate eiland laat verskeep nadat Sarah besef het Kristen loop vermom in Salem rond. Kristen het haarself toe as Sarah vermom om Sarah se verhouding met Xander te ruïneer. Kristen het Sarah op die eiland gevange gehou tot Gwen (Emily O’Brien) haar in Januarie 2022 as Sarah in Salem voorgedoen het. Toe Abby besef Gwen het voorgegee sy is Sarah, het Kristen Abby én Sarah gevange gehou. In Februarie 2022, het Kristen Steve en Kayla (Mary Beth Evans) by haar eilandvers­ameling gevoeg. Die serum waarmee Sarah ingespuit is, laat Sarah glo sy is Stefano se oorlede dogter Renee DuMonde. Intussen het Chad (Billy Flynn) en Tony Kristen se gevangenes in Maart 2022 gered en hulle probeer Sarah deprogramm­eer om weer haar oorspronkl­ike self te wees. Sjoe!

Lees nou elke uitgawe verder in ons VSA-sepies-afdeling.

 ?? ?? Dis vaarwel aan die vele bekende gesigte in Days Of Our Lives.
Dis vaarwel aan die vele bekende gesigte in Days Of Our Lives.
 ?? ?? Will Horton wat SMS’e gestuur het terwyl hy bestuur, was ’n dodelike fout.
Will Horton wat SMS’e gestuur het terwyl hy bestuur, was ’n dodelike fout.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Sarah dink sy is Renee weens die superserum waarmee sy ingespuit is.
Sarah dink sy is Renee weens die superserum waarmee sy ingespuit is.
 ?? ?? EJ lyk anders, hy word gespeel deur Daniel Feuerriege­l.
EJ lyk anders, hy word gespeel deur Daniel Feuerriege­l.
 ?? ?? Marlena het ’n besitlike besoeker: die duiwel.
Marlena het ’n besitlike besoeker: die duiwel.
 ?? ?? Philip was ’n stout seun.
Philip was ’n stout seun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa