TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Maak nie saak hoe hard hulle probeer nie, dr. Liam (David Viviers) en verpleegst­er Karen (Luandri Reynders) kan maar net nie die vonk tussen hulle ignoreer nie. Dr. Nicolette (Kate Roothman), Liam se verloofde, kan ook nie die band tussen Liam en Karen ontken nie en sy verbreek dus die verlowing, verlaat die internskap­program by die Binneland-kliniek en trek na Kanada waar sy ’n ander werk gekry het.

“Karen kan haar ore nie glo wanneer Liam by haar woonstel opdaag met die nuus van sy verbreekte verlowing nie,” sê Luandri. “Aan die een kant is sy jammer vir Nicolette, maar aan die ander kant is daar vlinders in haar maag, want dit lyk asof iets tussen haar en Liam kan ontwikkel.”

Karen en Liam gesels die aand deur en hy raak op haar bank aan die slaap. Wanneer Karen se woonstelma­at, Gaby (Maude Sandham), die oggend op hom afkom, peper sy Karen met vrae oor wat dit alles beteken. “Karen vertel vir Gaby Nicolette is uit die prentjie, maar dit beteken nie sy en Liam is nou ’n paartjie nie. Ja, hulle het die aand saam deurgebrin­g, maar hulle het nog nie besluit oor waar hulle met mekaar staan nie, maar die potensiaal is daar.” Gaby is teleurgest­eld met dié nuus, want sy meen hulle sloer te lank en voor hulle hul oë uitvee, is hulle terug in hul ou patroon en erken nie hul ware gevoelens aan mekaar nie.

Maar om hul hart vir mekaar oop te maak, is nie ál probleem nie. “Karen vind iets oor Liam uit en weet nie hoe om dit te hanteer nie. Sy sal moet besluit of sy iemand daarvan gaan vertel. Pynpille is iets wat ’n mens baie goed moet beheer,” verklap Luandri. • Lees meer op ble. 24 en 25.

 ?? ?? Liam (inlas) besef sy en Nicolette (regs) se verlowing is verby wanneer sy besluit om na Kanada te verhuis.
Liam (inlas) besef sy en Nicolette (regs) se verlowing is verby wanneer sy besluit om na Kanada te verhuis.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa