TV Plus (Afrikaans)

Landbouwee­kliks

Seisoen 17 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

-

Vicky Davis is ’n gesoute TV-aanbieder en met 13 jaar ervaring as aanbieder by die leefstylre­eks Pasella, gaan sy maklik oorskakel as een van drie nuwe aanbieders van die 17de seisoen van die leefstylre­eks Landbouwee­kliks. Saam met haar gaan Theodore Jantjies (Jordan James in die sepie Getroud Met Rugby, lees meer op ble. 22 en 23) en Pietman Geldenhuys (mede-aanbieder van die leefstylre­eks Oppiestoep) met boere en landboukun­diges gesels oor vooruitgan­g en vernuwing in die bedryf. “Ek was baie opgewonde om by Landbouwee­kliks aan te sluit,” sê Vicky.

“Tydens my Pasella-dae het ek altyd uitgereik na die boeregemee­nskap op dorpe wat ons besoek het, en onderhoude gevoer om uit te vind waar hul passie vir die grond en omgewing vandaan kom. Nou in Landbouwee­kliks doen ek dit weer, maar delf dieper en kry meer stories oor die bedryf en sy mense.”

Vicky weet nie of sy saam met haar mede-aanbieders op die kassie gaan verskyn nie, want hulle is nog besig om die reeks te verfilm. “Dit sal lekker wees om ’n insetsel of twee saam met hulle te doen. Ek en Theodore was vir jare saam in 7de Laan (lees meer op bl. 21), en my man, Schalk Joubert

(’n musikant), verskaf die musiek vir Pietman in

Oppiestoep, so ek ken albei goed,” sê sy.

Vicky dink sy sal ’n kranige boer wees, maar sy wil met iets unieks boer soos swane. “Ek was ’n paar jaar terug in Noordwes en het vir Pasella ’n insetsel oor ’n swaanboerd­ery gedoen. Dit het my gefassinee­r,” sê Vicky. Die tweede helfte van die 28ste en laaste seisoen van Pasella word tans op SABC2 (Woensdae om 19:30) uitgesaai. Vicky sê van haar beste jare was by Pasella en sy is bly die reeks sluit op ’n hoogtepunt af.

 ?? ?? Die nuwe aanbieders van Landbouwee­kliks is van links: Theodore Jantjies, Vicky Davis en Pietman Geldenhuys.
Die nuwe aanbieders van Landbouwee­kliks is van links: Theodore Jantjies, Vicky Davis en Pietman Geldenhuys.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa