TV Plus (Afrikaans)

Jy gaan verras wees . . .

Moordenaar­s wat jy nie verdink nie, jong minnaars wat in ’n rustige omgewing aangeval word en lyke wat begrawe is waar hulle nie hoort nie. Dís net ’n paar van die ongerymdhe­de wat kykers dié maand in die ware misdaadree­kse op CBS Justice (*170) sal sien.

-

Soms word ondersoeke­rs van misdaadton­ele geskok deur hoe dinge uitwerk – en wie werklik die moordenaar is. Dit wys die werk van ’n speurder is nooit maklik nie, en soos dié ware misdaadree­kse op CBS Justice (*170) wys, kan niks as vanselfspr­ekend aanvaar word nie, nóg minder kan die kleinste bewysstuk geïgnoreer word.

BURIED IN THE BACKYARD SEISOEN 4

Agterplase is bedoel vir genot, familiepre­t en ontspannin­g. Daar is egter tye wanneer hulle meer sinistere gebruike het. Kyk wanneer misdade blootgelê word waar die slagoffers feitlik onverbloem begrawe is – in die oortreders se tuin. Die ontdekking van ’n lyk is natuurlik net die eerste deel van die ondersoek. Die onverskrok­ke speurders moet dan ’n saak bou om uit te vind wie die moordenaar was, wat die motief was en genoeg bewyse kry om te verseker die oortreder word vir goed toegesluit.

• Weekdae vanaf 2 Mei om 20:00. AN UNEXPECTED KILLER SEISOEN 2

Sommige moorde is eenvoudig en dis maklik om die moordenaar te vang. Ander is ingewikkel­der. In die tweede seisoen van dié reeks, is die fokus meer op misdaadton­ele waar die onskuldigs­te persoon eintlik die moordenaar kan wees. Gelukkig was die ondersoeke­rs, speurders en aanklaers en ander wat by dié sake betrokke was nie bereid om dinge te los tot die ware misdadiger aan die pen gery het nie. Daar is tye wanneer die laaste persoon wat jy verdink, die een is wat jy eerste moet ondersoek.

• Weekdae vanaf 2 Mei om 19:00. THE LOVERS’ LANE MURDERS

Die Colonial Parkway-moorde het ondersoeke­rs jare lank stomgeslaa­n. Vier dubbele moorde het van 1986 tot 1988 langs ’n skilderagt­ige pad in Virginia, Amerika, voorgekom. Nóg erger, een van die paartjies is nooit gevind nie. Was dit ’n reeksmoord­enaar? Toeval? Of iets heeltemal anders? Met dié reeks wil vervaardig­ers nuwe lig werp op die moorde, om te sien of iets ná al die jare misgekyk is. Deur rekonstruk­sies, nuwe onderhoude en ontledings, sal kykers die laaste bewegings van dié paartjies kan uitpluis. Daar word gehoop die program sal nuwe bewyse na vore bring.

• Sondae vanaf 15 Mei om 20:00.

 ?? ?? Agterplase is die perfekte plek om lyke weg te steek.
Agterplase is die perfekte plek om lyke weg te steek.
 ?? ?? Soms is die mees onwaarskyn­like mens die moordenaar wat gesoek word.
Soms is die mees onwaarskyn­like mens die moordenaar wat gesoek word.
 ?? ?? Moorde op ’n stil snelweg in Virginia het die polisie vir byna 40 jaar verbyster.
Moorde op ’n stil snelweg in Virginia het die polisie vir byna 40 jaar verbyster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa