TV Plus (Afrikaans)

Ware Afrika-ervaring

Streicher Badenhorst vertel van die laaste voetspore wat hy gaan los.

-

Voetspore: Zambezi

Seisoen 11 Maandae SABC2 (*192) 19:30

Op die jong ouderdom van 26 het Streicher Badenhorst, wat nes sy pa, Johan Badenhorst, sinoniem is met die leefstylre­eks Voetspore, besluit om sy rugsak op te hang en te fokus op sy loopbaan as ’n beleggings­konsultant. “Voetspore: Zambezi was my 10de reis en ek het gevoel dis ’n goeie afgeronde syfer om my avonture mee te eindig,” sê Streicher.

Maar dis nie te sê sy avontuurlu­s is nou totaal geblus nie, en wanneer die tyd in die toekoms reg is, sal hy graag sy Voetspore-reise wil hervat. Maar vir eers kan hy ook saam met ons na sy laaste reis, Voetspore: Zambezi, kyk waar die span die magtige watermassa verken en Streicher veskeie roerende tonele op kamera vasvang.

DIE EERSTE REIS

Streicher se heel eerste Voetspore-reis was toe hy 9 jaar oud was. “Dit was die Kaap Tot Kilimandja­ro in 2005 en ek onthou dit het vir my gevoel asof ek heeldag buite kon speel,” sê Streicher. “Op daardie reis het ek Afrika leer ken, en dit was vir my wonderlik om nou weer in dié seisoen terug te gaan in Afrika na Zambië waar die Zambeziriv­ier se oorsprong is. En dan eindig ons die reis in Mosambiek by die see.”

Seisoen 11 was ’n fenomenale reis, sê Streicher. “Dit is ’n ware Afrika-ervaring wat ons gehad het en nou vir kykers in 13 episodes wys. Dis ongeloofli­k om te dink hoe die Zambezi begin met ’n klein stroompie wat borrel tot die magtige waters wat deur die vasteland Afrikavloe­i.”

AVONTUUR SAAM MET FAMILIE

Daar is niks meer kosbaar as om tyd saam met jou familie deur te bring nie en Streicher het veral die tyd wat hy die afgelope twee seisoene (Voetspore: Suid-Afrika, seisoen 10 in 2021 en Voetspore: Zambezi, seisoen 11 in 2022) saam met sy ouer suster Nina geniet. “Nina het in al twee seisoene die logistieke aspekte van die reis gehanteer en gesorg dat ons heerlike maaltye eet,” sê Streicher.

Nina het ook tydens die reise soms die groot Toyota Land Cruiser 4x4 bestuur wanneer Streicher besig was om foto’s te neem en hy sê Nina het gou ’n goeie bestuurder geword – veral van die groot voertuie. “Ons verhouding as broer en suster sou ek sê, het oor die twee seisoene gegroei en versterk,” sê Streicher. “Ek is baie lief vir haar en dit beteken die wêreld vir my dat ons die avonture saam kon beleef en ’n leeftyd van herinnerin­ge kon deel en saam met ons neem.”

DIE EINDE?

Pa Johan sal ook altyd ’n spesiale plek in Streicher se hart hê en die reise waarop

hy saam met sy pa was sedert hy ’n tjokkertji­e was, sal hom altyd bybly.

“Net voor ons op die Zambezi-reis vertrek het, het ek eksamen geskryf en tydens die reis het ek die nuus gekry ek het die eksamen geslaag en gekwalifis­eer as ’n vlak 3 CFA (Chartered

Financial Analyst).

“Ek het toe besef dis tyd om die reis te los en my eie reis in die sakewêreld te begin, maar wanneer ek met my pa praat en hoor wat hy vir die toekomstig­e Voetspore-reise beplan – soos om na Suid-Amerika te gaan – bevraagtek­en ek my keuse om die avontuur te los,” sê Streicher wat tans by ’n beleggings­firma in Pretoria werk. “My hoop is om eendag my werk en reis te kombineer en op kort termyn sal ek vir my pa en die Voetspore-span gaan kuier, al is dit net vir ’n week tydens hul reise.”

 ?? ?? Streicher (links) saam met sy pa Johan (regs) op hul laaste reis saam langs die Zambezi.
Streicher (links) saam met sy pa Johan (regs) op hul laaste reis saam langs die Zambezi.
 ?? ?? Hier neem Streicher ’n foto van die gesoute kameraman en fotograaf Stefan Sonnekus.
Hier neem Streicher ’n foto van die gesoute kameraman en fotograaf Stefan Sonnekus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa