TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Ridge vind uit Sheila het Taylor se lewe gered, en Sheila erken teenoor Deacon sy het haarself vir selfdood voorberei toe sy sien Taylor is in die moeilikhei­d. Die spanning eis sy tol op Sheila se geestesges­ondheid wanneer almal, insluitend­e dokter Bridget, wag dat Steffy haar geheue herwin sodat sy haar aanvaller kan identifise­er. Maar Steffy se eerste verklaring oor wat gebeur het, skok almal. Carter por Zende aan om Paris te vra om te trou . . . al het hy pas self uit Paris se bed geklim, Quinn vind uit van Carter en Paris se affair, en Quinn en Car ter kyk terug na hul eie stomende verbinteni­sse.

DAYS

Eric vertel Nicole hy’s steeds ’n priester, Craig nooi Nancy na sy troue met Leo, en Chloe stel ’n beperkende voorhuweli­kse kontrak op vir Leo om te onderteken. Clyde word by Nancy gepas op haar afspraak- app, Ava vertel Abby Gwen sit agter Abby se ontvoering, en Gwen maak gereed vir ’n dubbele troue met Craig en Leo. Jack en Jennifer keer na Salem terug vir die troues, EJ is uit die tronk vrygelaat terwyl Johnny steeds in die duiwel se kloue is, en Chad daag ongenooid by die dubbele troue op met ’n verrassing­sgas vir Leo. Abby vernietig Gwen se reputasie voor al die gaste.

Y&R

Adam dryf Ashland in ’n hoek en dwing hom om beheer oor Newman-Locke oor te gee, Victor vertel Adam hy’s trots op hom, en hoewel Ashland verwag om ’n nuwe lewe saam met Victoria in Toskane te begin, konfrontee­r sy hom oor sy leuens en onthul sy het net saamgespee­l sodat hy haar familie se maatskappy kan uitlos. Phyllis konfrontee­r Diane oor haar planne noudat sy terug is in Genoa City, en Jack wonder hoe hy Kyle gaan vertel Mamma is terug uit die dood. Nikki kry ’n ontstellen­de foonoproep, en Nick het skoknuus.

 ?? ?? Sheila is paniekerig wanneer Steffy hulpeloos in die hospital lê.
Sheila is paniekerig wanneer Steffy hulpeloos in die hospital lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa