TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Mam Rebecca skop Nkanyiso uit haar huis, maar Boniswa oorreed hom om te daar te bly, en Thenjiwe kry ’n aanbod om haar geld te verdubbel wat sy nie kan weier nie. Khaya se vry aand is gekanselle­er en hy kry opdrag om sy afspraak met Nandi af te stel en liewer by The Black Door te werk, en Khaya vind later uit sy vermoorde broer, Chuma, het ook as ’n prostituut gewerk. Thenjiwe stort ineen wanneer haar geld gesteel word as deel van die bedrogspul, en Khaya drink homself in ’n toestand in om die pyn van sy broer, Chuma, se leuens te verdoof.

Junior en Nkanyiso verklaar oorlog teen mekaar terwyl hulle onder Mam Rebecca se dak bly, maar haar katelknaap het ’n geheime wapen, en Mam Rebecca is woedend omdat haar plan om ’n nuwe tender te kry, platval. Khaya probeer vir sy fout vergoed, maar dis te laat, en die bordeelbes­tuurder, Romeo, weet nie hoe om ’n situasie by The Black Door te hanteeer nie. Mam Rebecca is stomgeslaa­n wanneer sy uitvind Boniswa is geestelik en liggaamlik mishandel, en Nandi is opgewonde oor haar nuwe afspraak met Khaya. Khaya verlaat Nandi in die middel van die aand wanneer hy na The Black Door ontbied word, en Boniswa maak dit vir Nkanysio baie duidelik sy’s nie van plan om gou te trou nie. Nkanyiso het ’n nuwe plan om Mam Rebecca se fortuin in die hande te kry, daar’s ’n veiligheid­sbreuk by The Black Door, en ’n gesin kry ’n skokkende openbaring. Nomsa is woedend wanneer haar dogter, Thenjiwe, by Chuma se kamer intrek, en Mam Rebecca probeer seker maak Boniswa is veilig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa