TV Plus (Afrikaans)

‘Meer as net kos en wyn’

Die TV-persoonlik­heid, wyn- en Boland-entoesias Anzél Rabie is terug met ’n nuwe smaaklike seisoen van Anzél In Die Boland.

-

Anzél In Die Boland

Seisoen 3 Donderdae kykNET (*144) 21:00

“Die Boland is soveel meer as net kos en wyn,” sê Anzél Rabie, die aanbieder van die leefstylre­eks Anzél In Die Boland wat onlangs met sy derde seisoen op kykNET begin het.

“In die eerste twee seisoene het ons gefokus op die omgewing van Stellenbos­ch en die Paarl in die Boland en wat die plekke vir toeriste bied, maar in seisoen 3 verbreed ons ons horisonne en besoek ander bekende omgewings soos die Slanghoekv­allei, Durbanvill­e, Elgin-vallei, en Constantia. Daar verken ons nie net wynplase nie, maar besoek ook besonderse blomplase, ry bergfietse, leer rolbal speel en gesels hier en daar met bekendes wat diep verbinteni­sse met die Boland het.”

’N NUWE TYDGLEUF

“Dié seisoen van Anzél In Die Boland is sover die beste, en eintlik is elke episode beter as die een wat die vorige week uitgesaai is,” sê Anzél trots. “Ek is veral opgewonde om te sien hoe ons program onder kykers vaar noudat kykNET ons in die spitstyd-tydgleuf van 21:00 op Donderdaga­ande geskedulee­r het. Ek is vol hoop ons kykergetal­le gaan groei, wat beteken ons sal in die toekoms nóg meer seisoene vervaardig.”

En so gepraat van die toekoms,

Anzél werk reeds aan voorleggin­gs om buite ons land se grense te toer. “Ek werk byvoorbeel­d aan idees om Anzél byvoorbeel­d Namibië toe te vat. Daar is wonderlike geleenthed­e en dinge daar wat ontgin kan word, en dit kan ’n interessan­te reeks maak. En wie weet, dalk toer ons verder in Suid-Afrika en maak ’n Anzél In Die Weskus of ’n Anzél In Die Vrystaat,” voeg sy by.

KUNSTENAAR­S IN EIE REG

Maar moenie dink die kospotte is dié seisoen opsygeskui­f vir die natuurprag en avonture nie – daar gaan wel ook lekker gekook word. “Ons het dinge natuurlik laat gebeur, soos as daar ’n sjef op ’n plaas was, het ons hom of haar gevra om kos te maak wat ons in die reeks wys. In ander gevalle sal die boer sommer kos voorberei of ’n vleisie op die kole gooi,” sê Anzél. “Ons het so lekker op van die plase geëet! Dink aan mosbolletj­ies, roosterkoe­k, pampoencar­paccio en filet-bobotie-wafels – alles watertandl­ekker – en ek kan met oortuiging sê die sjefs is kunstenaar­s in hul eie reg wanneer dit by kos kom.”

WAT JY KAN VERWAG

Van die bekendes met wie Anzél in seisoen 3 kontak maak, sluit in die bekroonde skrywer Irma Joubert (episode 3, 5 Mei) wat in die Paarl woon.

“Sy vertel ons van die boeke waaraan sy tans skryf en daarna maak ons ’n draai by Kloovenber­g, ’n wynplaas wat aan die Springbokr­ugbyspeler

Pieter-Steph du Toit se familie behoort en waar hy grootgewor­d het. Ons gesels met sy familie en leer meer oor die verskil tussen tafel- en wyndruiwe.”

In episode 4 (12 Mei) reis Anzél na die Val De Vie-landgoed en leer rolbal speel saam met van die afgetrede inwoners. “Later lê ons besoek af by Vergelegen, die tweede oudste wynplaas in SuidAfrika, en vind meer uit oor die plaas se ryk geskiedeni­s.”

Episode 5 (19 Mei) fokus op die

Durbanvill­e-wynvallei waar Anzél op die Maastricht-plaas kuier wat ’n asemrowend­e uitsig op Tafelberg het.

“Daarna klop ons aan by Klein Roosboom en proe saam met die vrou van die plaas wyn in ’n ou-wyntenk wat nou ’n grot is.” En in episode 6 (26 Mei) word blomme gekyk op die plaas Adene’s Farm Flowers, by Wolseley.

DIE PASSIE VIR WYN

“My wortels skiet diep in die Boland, want ek het in Stellenbos­ch grootgewor­d. As kind het ek naweke saam met my ouers wynplase besoek en as jong volwassene het my nuuskierig­heid oor wyn gegroei tot ek vandag ’n groot wynliefheb­ber is,” sê Anzél wat naas ’n filmmaker en vervaardig­er, ook ’n opgeleide rekenmeest­er is.

“Ek het my kwalifikas­ie in Kanada voltooi en dit was tydens my studie daar wat ek Suid-Afrika en die Boland en ons wyn gemis het.”

Met haar terugkeer na Suid-Afrika het Anzél begin werk aan die konsep van Anzél In Die Boland en in 2019 het die eerste seisoen sy debuut op kykNET gemaak.

“Dis wonderlik om te sien hoe ver ons gekom het. Ek hoop die reeks wakker ook iets in kykers aan om te sien hoe wonderlik ons land is en wat dit alles bied.”

 ?? ?? “Hierdie foto is geneem by die splinternu­we nuwe Storie Van Wyn-museum op die wynplaas Babylonsto­ren,” sê Anzél. “Ek was só in my skik met hoe hierdie interaktie­we museum saamgestel is. Hulle wys en vertel álles van die wynmaak-proses op ’n opvoedkund­ige en toeganklik­e manier.”
“Hierdie foto is geneem by die splinternu­we nuwe Storie Van Wyn-museum op die wynplaas Babylonsto­ren,” sê Anzél. “Ek was só in my skik met hoe hierdie interaktie­we museum saamgestel is. Hulle wys en vertel álles van die wynmaak-proses op ’n opvoedkund­ige en toeganklik­e manier.”
 ?? ?? Anzél (links) is op die Yonderhill-plaas saam met die boer en internasio­naal bekroonde fotograaf Daniël Naude (regs). Op die plaas word wyn gemaak en met Ankole-beeste geteel.
Anzél (links) is op die Yonderhill-plaas saam met die boer en internasio­naal bekroonde fotograaf Daniël Naude (regs). Op die plaas word wyn gemaak en met Ankole-beeste geteel.
 ?? ?? Die skrywer Irma Joubert (links) en Anzél (regs) kuier lekker saam in seisoen 3.
Die skrywer Irma Joubert (links) en Anzél (regs) kuier lekker saam in seisoen 3.
 ?? ?? Anzél knibbel aan ’n heerlike hoendervle­rkie.
Anzél knibbel aan ’n heerlike hoendervle­rkie.
 ?? ?? Anzél tussen die pragtige blomme op die plaas Adene’s Farm Flowers.
Anzél tussen die pragtige blomme op die plaas Adene’s Farm Flowers.
 ?? ?? “Ek kuier saam met sjef Schalk Vlok (links) waar hy besig is om ’n pampoen-carpaccio te maak by hul spogrestau­rant op Babylonsto­ren, Babel,” sê Anzél.
“Ek kuier saam met sjef Schalk Vlok (links) waar hy besig is om ’n pampoen-carpaccio te maak by hul spogrestau­rant op Babylonsto­ren, Babel,” sê Anzél.
 ?? ?? “Sjef P.J. Lombard (links) leer my hoe om druiwe in te lê en ons maak ’n roosterkoe­k langs die dam op die pragtige familiepla­as Opstal in die Slanghoek-vallei,” sê Anzél.
“Sjef P.J. Lombard (links) leer my hoe om druiwe in te lê en ons maak ’n roosterkoe­k langs die dam op die pragtige familiepla­as Opstal in die Slanghoek-vallei,” sê Anzél.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa